Tuis. 03

(Tuis.) #1
Suid-Afrika is geseën met ’n magdom
verruklike inheemse plante met geurige
blomme en blare. En omdat herfs die beste
tyd is om hulle te plant kan jy gerus een
van dié plaaslike skoonhede vir jou tuin
oorweeg.

# 1 Stinkbossie
Plectranthus neochilus het dik grysgroen
blare wat skerp ruik en spog van
September tot April met mooi blou en pers
blom-are. Die plant is ’n ware steunpilaar in
die tuin – dit groei so te sê enige plek en
sal oorleef én gedy waar baie ander kwyn en
doodgaan. Dis ’n droogtebestande grond-
bedekking wat vinnig groei – tot 50 cm hoog
en 60 cm wyd; dit hou van volson maar
verdra ook ligte en volskadu. Plant dit in
goed gedreineerde grond. Die bossie sprei
grondlangs en steggies skiet maklik wortel.

# 2 Wildejasmyn
Jasminum multipartitum dra van die lente
tot in die somer wit stervormige blomme
met ’n soet geur; voor die blomknoppies
oopgaan het hulle ’n bekoorlike pienk of
rooi tint. Dié ranker groei sowat 2 m hoog en
lyk pragtig oor ’n prieel of traliewerk. Dit
vaar die beste in halfskadu en grond wat
goed dreineer en reageer goed as jy gereeld
organiese materiaal by die grond inwerk.
Die plant sal ligte ryp weerstaan maar plant
dit in koue tuine liefs in ’n beskutte hoekie.
Dit groei in die son of halfskaduwee en vaar
goed in potte. Gevestigde plante is redelik
droogtebestand maar wil tydens droogtes
goed natgemaak word.

3 Witkatjiepiering


Gardenia thunbergia is ’n pragtige
immergroen struik of boompie wat sowat
2–5 m hoog groei. Sy welriekende spierwit
blomme wat in die middel- tot laatsomer
verskyn is veral geurig in die aand. Hoewel
dit maklik is om die struik te kweek is dit ’n
stadige groeier. Die plant hou van ’n plekkie
in die son of halfskaduwee en effens suur
goed gedreineerde grond. Voeg heelwat
organiese materiaal by die grond en maak
gereeld nat; ’n dik deklaag sal voordelig
wees. Witkatjiepiering is ook ideaal vir potte.
Die plant is taamlik droogtebestand maar
as dit te droog word kan dit blomknoppe
afgooi voor hulle oopmaak. Beskerm jong
Foto’s met die vergunning van Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuinplante teen ryp. >>


GEURIGE BLOMME
Witkatjiepiering

Het jy geweet?
Die groot vrugte van die
witkatjiepiering kan jare lank
aan die struik bly sit sonder
dat dit bars of oopbreek. In
die natuur sal olifante groot
ďŽŬƐŽŽƌƚĞĞŶďƵīĞůƐĚŝĞ
vrugte vreet; andersins verg
dit menslike ingryping om die
sade vry te stel en te versprei.

Maart 2017 tuis 101


geurplante tuin
GEURIGE BLOMME
Wildejasmyn
Free download pdf