Tuis. 03

(Tuis.) #1

Bokmelk-beet-en-biltongslaai


Genoeg vir 6 as bygereg • Bereidingstyd: 30 minute • Gaarmaaktyd: 25 minute



  • 1 bossie reënboogbeet (minstens
    6 mediumgroot bete)

  • 60 ml olyfolie

  • 5 ml elk komyn en mosterdsaad

  • 15 ml balsemiekasyn

  • 30 ml rooiwynasyn

  • 100 g jong botterslaaiblare

  • ’n hand vol klam biltongskaafsels

  • 1 rolletjie sagte bokkaas gekrummel

  • 50 ml kasjoeneute


1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Skil die bete en sny in dun skyfies; hou die
kleure apart. Sit nou elke soort in klein oondvaste bakkies of maak
foeliepakkies. Sprinkel met olyfolie en strooi die komyn mosterdsaad en
sout en peper oor. Voeg die balsemiekasyn by die rooi beet en die
rooiwynasyn by die geel en pienk-en-wit bete. Bedek die oondbakkies met
foelie of vou die pakkies toe en bak vir sowat 25 minute tot geurig en gaar.
Laat afkoel.
2 Sit die blare op ’n mooi dienbord en versprei die biltong daaroor. Rangskik
die bete bo-op en drup ook van die pansouse oor. Voeg die bokkaas en
neute by. >>

kaas dit

Free download pdf