1 Meng die maalvleis kappertjiesaad ui mosterd
eier kruie en speserye saam en geur goed na smaak
met sout en peper. Nou vir die pret: Verdeel die
mengsel in 4 gelyke dele en vorm vleiskoekies
rondom die kaas. Draai die spekrepe rondom en sit
die vleiskoekies in die yskas vir 10 minute â dit help
dat hulle hul vorm behou.
2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ân
dikboompan en braai die burgers versigtig tot mooi
goudbruin alkante. Sit hulle dan in ân oondbak en
bak vir nog sowat 10â15 minute of tot jy sien die
kaas begin uitloop â dan is dit perfek.
3 Sny die rolletjies oop en rooster hulle in ân droë
pan. Smeer ân dik laag mayonnaise op elke rolletjie
pak ân hopie blare daarop gevolg deur ân pynappel-
ring en dan die formidabele burgers. Rond af met die
ander helfte van die rolletjie. Smul dadelik. >>
Kaasburgers met spek en pynappel
Hierdie reuseburgers is pure bederf met die gesmelte kaas binne-in.
Genoeg vir 4 groot burgers ⢠Bereidingstyd: 30 minute ⢠Gaarmaaktyd: 20 minute
- 650 g beesmaalvleis
- 30 ml klein kappertjiesade
- 1 rooi ui fyngerasper
- 15 ml Dijonmosterd
- 1 eier
- 15 ml gekapte vars origanum
- 5 ml elk fyn komyn en koljander
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 4 x 5 mm dik skywe mozzarella
- 250 g spekrepe
- 30 ml olyfolie
- 4 sesamsaadrolletjies
- mayonnaise of mosterd
- 80 g sagte blaarslaai
- 4 pynappelringe
KRY NOG
BURGER-
RESEPTE OP
BLADSY 120.
112 tuis Maart 2017