Tuis. 03

(Tuis.) #1
Bykomstighede van Plan B Vintage (082 491 3677 planbphotography.co.za)

Jogurtkaas


Meng sowat3 ml soutdeur1 liter Griekse
jogurt(dit moet dubbeldik wees anders
gaan jou kaas baie lank hang). As jy wil
kan jy allerlei geurmiddels byvoeg;
speserymengsels soosdukkahvars kruie
gerasperde suurlemoenskilenbrandrissie-
vlokkiesis heerlik maar onthou: Minder is
meer en die geure gaan verskerp terwyl die
kaas vorm.
Spoel ’n vierkantige moeseliendoek in
kookwater druk die oortollige vog uit en laat
afkoel. Skep nou die jogurt in die middel
van die doek en bind toe met ’n stukkie tou.
Laat hang die jogurtbal vir 2–3 dae op ’n
koel droë plek in jou kombuis waar dit
geen direkte sonlig kry nie (in die yskas as
dit warm is). Plaas ’n mengbak onder die
kaasbal waarin die wei kan drup.
Sit die kaas net so voor met ’n sprinkel
olyfolieengrowwe sout of rol dit in klein
balletjies en marineer dit in ’n bietjie
olyfolie. Dis heerlik saam met vars
bruschetta.


Wenk


Jy kan die jogurt ook in kleiner bondeltjies bind.
Dit het dan ’n korter hangtyd nodig en die klein
individuele porsies sal jou gaste beïndruk.


Roomkaasgevulde
hoenderborsies
Voeg gerus geroosterde knoffel by vir
ekstra geur.

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 4 groot hoenderborsfilette

  • 200 ml roomkaas

  • 60 ml sagte botter

  • 15 ml gekapte platblaarpietersielie

  • 5 ml gekapte kappertjiesaad

  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • 200 g vars broodkrummels

  • 50 g parmesaankaas gerasper

  • 125 ml koekmeel

  • 2 eiers geklits

  • olie vir vlakbraai

  • babaspinasie geroosterde kersietamaties
    en olywe


1 Sit die hoenderborsfilette tussen twee lae
botterpapier of kleefplastiek. Gebruik ’n
rolstok en rol dit effens platter of kap dit
liggies totdat die vleis sowat 5 mm dik is en
maklik opgerol of toegevou kan word.
2 Meng die roomkaas botter pietersielie
kappertjiesaad en suurlemoenskil. Geur met
sout en swartpeper na smaak.
3 Verdeel die vulsel tussen die hoender-
stukke en rol elkeen versigtig op sodat die
roomkaasvulsel mooi in die middel van elke
filet toegedraai is. Dit help om ’n stuk
kleefplastiek te gebruik en die hoender-
rolletjies styf daarin toe te rol. Sit hulle dan
vir sowat 15 minute in die yskas.
4 Meng die krummels en parmesaankaas.
Rol nou elke hoenderpakkie in die meel
dan in die geklitste eier en laastens in die
broodkrummels. Vlakbraai die hoender in
olyfolie tot goudbruin alkante. Rooster dit
dan in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir
sowat 10 minute net om seker te maak die
hoender is deurgaar. Om voor te sit sny
elke hoenderrolletjie in drie ewe groot
stukke en rangskik dit op ’n bed baba-
spinasie met geroosterde kersietamaties
en olywe tussenin. Koeskoes of kapok-
aartappels is heerlike bykos hierby.

Camembertpastei
Genoeg vir 1 pastei
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 25 minute


  • 1 x 150 g-camembertkaas

  • 45 ml basiliepesto

  • 80 ml babaspinasie geblansjeer

  • sowat 200 g dwergsampioene gebraai

  • sowat 6 kort sprietuie

  • 1 wiel feta grofgekrummel

  • 4 velle fillodeeg

  • sowat 30 ml botter gesmelt


1 Sny die camembert horisontaal in drie
skywe. Smeer pesto oor die onderste en die
middelste skyf en skep die spinasie
sampioene sprietuie en feta bo-op. Stapel
die skywe weer op mekaar soos ’n
drielaagkoek.
2 Verf elke fillovel met botter en plak hulle
op mekaar. Sit die kaasstapel in die middel
neer en vou die deeg oor om ’n pakkie te
vorm; frommel die punte bo-op bymekaar.
Verf met die oorblywende botter en sit die
pakkie op ’n vel bakpapier op ’n bakplaat.
Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C vir
sowat 15–20 minute of tot die deeg
goudbruin en bros is. Sit warm voor.

116 tuis Maart 2017

Free download pdf