Tuis. 03

(Tuis.) #1
Vegetariese lasagne
’n Mediterreense gunsteling wat beslis die
ekstra bereidingstyd werd is.

Genoeg vir 6–8 porsies
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 2 uur


  • 2 mediumgroot eiervrugte in
    repe gesny

  • olyfolie

  • 1 kg botterskorsie geskil en in dun
    skyfies gesny

  • 5 ml droë brandrissievlokkies

  • 5 ml droë gemengde kruie

  • 800 g aartappels in dun skyfies gesny
    en gekook tot net sag

  • 60 ml elk broodkrummels en
    parmesaankaas
    TAMATIESOUS

  • 1 ui gekap

  • 30 ml olyfolie

  • 1 blik tamatiepuree

  • 2 lourierblare

  • ’n takkie roosmaryn

  • 60 ml gekapte pikantrissies
    WITSOUS

  • 80 ml botter

  • 80 ml meel

  • 5 ml mosterdpoeier

  • 800 ml warm melk

  • neutmuskaat

  • 150 g cheddarkaas gerasper


1 Maak die tamatiesousBraai die ui in die
olie tot glansend. Voeg die res van die
bestanddele asook 250 ml water by en laat
prut vir sowat 20 minute tot dik en geurig.
Geur met sout en swartpeper na smaak.
2 Vir die witsous smelt die botter in ’n klein
kastrol oor matige hitte en klits die meel en
mosterd by. Klits tot glad en braai vir ’n
minuut tot skuimerig. Verwyder van die hitte
en klits die melk geleidelik by – dit keer dat
daar klonte vorm. Sit weer terug op die hitte
om te verdik terwyl jy af en toe roer.
Verwyder van die hitte en geur met sout en
peper na smaak asook ’n knippie
neutmuskaat. Roer die kaas by.

3 Sprei die eiervrugskyfies op ’n bakplaat
uit sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en rooster
onder ’n voorverhitte roosterelement (of in ’n
riffelpan) tot gaar.
4 Geur die botterskorsie met olyfolie sout
en swartpeper die droë brandrissie en ’n
knippie droë kruie. Rooster ook onder ’n
voorverhitte roosterelement tot gaar en sag.
Draai die skyfies om wanneer nodig.
5 Stel dit saam Skep ’n lepel tamatiesous
onder in ’n diep oondbak en pak ’n lagie
aartappels botterskorsie en eiervrug bo-op.
Skep nou ’n ruim laag witsous oor. Herhaal
die lae tot al die bestanddele opgebruik is
en eindig met ’n skep witsous. Sprinkel die
broodkrummels en parmesaan oor en bak
in ’n voorverhitte oond teen 180°C tot
goudbruin en deurgaar (sowat 1 uur).

Marmite-en-kaasmuffins
Maak 18 happies
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 10 minute


  • 250 ml meel

  • 10 ml bakpoeier

  • 250 ml fyngerasperde beleë cheddar

  • 180 ml melk

  • 30 ml botter

  • 15–30 ml Marmite


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n
pan vir happiegroot muffins met
kleefwerende kossproei.
2 Sif die meel en bakpoeier saam in ’n bak
en roer die kaas by. Voeg die melk by en
gebruik ’n bottermes om dit in te sny totdat
’n deeg vorm. Dis belangrik om dit nie te
oorwerk nie. Skep teelepels vol in die
voorbereide pan en bak vir sowat 10 minute
of tot gaar en uitgerys.
3 Smelt die botter en Marmite saam en
drup dit oor die muffins sodra hulle uit die
oond kom. Sit warm voor.

Brie-en-vinkelslaai


Hoe ryper die brie hoe beter!


Genoeg vir 4 as voorgereg
Bereidingstyd: 20 minute



  • 100 g makadamianeute

  • 1 eierwit geklits

  • sowat 40 ml braaispeserye

  • 3 stingels seldery in linte gesny

  • 2 klein Pink Lady-appels in dun skyfies
    gesny en pitte verwyder

  • 1 vinkelbol dungesny

  • 90 g bronkors

  • 8 snytjies Swartwoud- of Parmaham

  • 1 briekaas in wiggies gesny
    SLAAISOUS

  • 250 ml gemengde gekapte koljander en
    pietersielie

  • 10 ml Dijonmosterd

  • 3 ansjovissies gekap

  • 15 ml kappertjiesade

  • 75 ml lemmetjiesap

  • 30 ml rooiwynasyn

  • sowat 100–125 ml olyfolie


1 Doop die neute een-een of ’n paar op ’n
slag in die eierwit. Skud enige oortollige eier
af en rol die neute in die speserye. Sprei op
’n bakplaat uit en bak in ’n warm oond tot
die neute ’n mooi bros lagie vorm (sowat
10 minute teen 180°C). Laat afkoel en
kap grof.
2 Maak die slaaisous Meng die kruie
mosterd ansjovis kappertjiesaad
lemmetjiesap en asyn saam. Klits die olie in
’n dun straaltjie by tot ’n dik slaaisous vorm
(jy kan ook ’n staafmenger gebruik). Geur
met sout en peper na smaak.
3 Dompel die selderylinte in yswater om dit
mooi te laat opkrul. Dreineer en meng met
die appel vinkel en bronkors. Drup
ruimskoots slaaisous oor en meng deur.
4 Om voor te sit Plaas twee snye ham op
elke bord gevolg deur ’n hopie slaai.
Rangskik die stukkies kaas mooi oraloor en
sprinkel die neute oor. Hou ekstra slaaisous
in ’n skroefdopfles in die yskas en gebruik
binne 5 dae.


Maart 2017 tuis 117

Free download pdf