Tuis. 03

(Tuis.) #1

[SLIM MET MIN]
“Ons argitek Jeanine Theart van Dennis Moss
Partnership het baie gehelp om die oorspronklike
plan te verander sodat ons beter met ons klein
vertrekke kon werk” sê Dewaldt. “Ons hou van die
baie hoekies en draaitjies; dit laat ’n mens voel daar
wag nóg ’n verrassing om die draai. So kan ’n mens
oral kuier en leef; ons gebruik elke vierkante meter.”
’n Groter kombuis as die een op die plan was
hoog op dié twee bobaas-onthalers se wenslys. “Jy
sal nie glo hoe baie ruimte jy wen as jy ’n muur net
’n halwe meter kan skuif nie” sê Suzelle. Dewaldt
verduidelik: “Jeanine het gesê ons kan die kombuis
groter maak indien die motorhuis nader aan die
straat skuif. Daardeur het die hoofslaapkamer ook
groter geword en boonop ’n balkon bygekry.”
En soos dit gaan met ’n bouery het sulke
veranderings ’n domino-uitwerking – in die De Kocks
se geval darem ten goede. “Hierna het ons besef ons
kan die twee badkamers omruil sodat ons en suite
die bad kon hê. En toe sien ons as ons ’n halwe
meter van die slaapkamer aan hierdie badkamer
afstaan wen ons ruimte vir ’n lekker groot stort en
’n wasgoedmandjie” verduidelik Dewaldt.


Vir die hoofslaapkamer se en suite-badkamer
het hulle 15 cm gewen deurdat die toilet se
spoelbak in die muur versteek is. Bo die bad
en wasbak is swembadteëls van Douglas Jones
Mosaics (reeks gestaak).


Die olyfgroen muur skep ’n rustige atmosfeer in
die hoofslaapkamer. Suzelle wil nog dié muur met
’n metaalkleurige glasuur afwerk “sodat dit soos
sterre kan skitter”. Die Belgiese muurkassie is
nommerpas vir die kompakte vertrek. Dít en die
spieël is albei tweedehandse vondste.

Groen muur geverf in Plascon Starlight Express;
blaarmuurplakkers deur Vinyl Art SA; blomkussings van
Incanda Furniture en blaarkussings van Woolworths

Mat van MRP Home

24 tuis Maart 2017

Free download pdf