KLEIN MAAR
getrein
Dit kos slim beplanning om ân klein ruimte te ontwerp wat nie
beknop voel nie; drie lesers wys hoe ...
Deur Kim Arendse en Marian van Wyk ⢠Fotoâs Henrique Wilding en Peter Rimell
StileringMarian van Wyk en Henrique Wilding
Studente is mos maar gewoond aan knap
blyplek en Holly Muir ân finalejaar-BA-student
se stylvolle solderwoonstel is geen uitsondering
nie. Maar dié plek is prakties ingerig en omdat
die leef- slaap- en studeerruimte elkeen
netjies afgebaken is het sy oorgenoeg plek!
Haar ouers Ronelle en Vince Muir van Holly
Wood Kitchens and Furniture het die motor-
huis en woonstel daarbo in 2015 gebou sodat
Holly onafhanklik en privaat kon wees.
âElke aspek van die solderwoonstel is
versigtig oorweegâ sê Holly. âEk het baie
inspirasie op Pinterest gekry (ek is eintlik ân
bietjie verslaaf!) â veral vir die meubels wat ek
self gemaak het soos my kopstuk. Dit was ook
baie belangrik dat my lessenaar onder die
venster staan omdat die uitsig en vars lug help
dat ek wakker bly tydens studiesessies.â
Holly hou van die treffende swart venster-
raam wat met die intrapslag die oog vang.
En sy is dol oor die rustige atmosfeer van die
ligte ruimte met sy witgeverfde laaghout-
vloerplanke.
â ân Oopplan-uitleg min losgoed en neutrale
afwerking laat die woonstel ruimer voel as wat
dit werklik is.â >>
Dis in die detail
Holly se klerekas is ân kombinasie van oop hangplek en
diep laaie. âEk is dol oor my kas want ek kan my klere
uitstal en als is maklik bereikbaarâ sê sy.
[ #^1 Solder in Skandi-styl]'ÆÅ½Å½Æ©ÄϯÏŵÐ