Tuis. 03

(Tuis.) #1
[LEEF SLIM IN ’N KLEIN RUIMTE]
“Wanneer alles in een kompakte vertrek moet gebeur maak
seker jy benut die beskikbare ruimte ten volle” raai Holly aan.
Hier is haar voorstelle:


  • Wanneer jy begin beplan besluit vooraf watter dele die
    belangrikste vir jou is sodat jy daarrondom kan werk. Vir my
    was dit die badkamer; ek het dit effens groter gemaak as die
    oorspronklike plan sodat ek presies kon kry wat ek wou hê.

  • Hou by ligte neutrale kleure vir die basis en gebruik donker kleure
    net vir fokuspunte; dit skep die illusie van meer ruimte.

  • Kies eenvoudige vensterbedekkings en sorg dat daar soveel
    natuurlike lig moontlik kan inkom.

  • Moenie oorversier nie. Die geheim is om met so min moontlik klaar
    te kom; moet byvoorbeeld nie onnodige ornamente of kussings
    inbring nie. Minimalisme is die beste benadering vir ’n klein ruimte!

  • Bly georganiseerd. Dis die goue reël. In ’n woonstel soos myne is
    daar nie plek vir opgaargoed nie – dit sal die plek net ongemaklik en
    beknop laat voel en boonop broodnodige bêreplek in beslag neem.


Die knus kombuis het ’n ontbyttafel en kaste
van gelaagde berkehout wat onder die helling
van die plafon pas; ’n eilandeenheid met ’n
kookvlak is volgende op Holly se lysie.
Kombuiskaste deur Holly Wood Kitchens and
Furniture; kussing van Woolworths

Met die ontwerp van die binneruimte het Holly sterk op die
badkamer gefokus (links). “Ek is absoluut dol daaroor!” sê sy.
“My ma het die spieël spesiaal vir my laat maak.”

Holly se solderkamer
is bo-op haar ouers se
motorhuis gebou en kyk
uit oor hul groentetuin.


Wanneer alles netjies en


georganiseerd is sal enige ruimte


werk – ongeag die grootte.



  • Holly


Wasgoedsak
van H&M Home;
Lafaenza-vloerteëls
van Quadrata;
muurteëls van
Tilespace

Free download pdf