Tuis. 03

(Tuis.) #1
Die sakekonsultant Heather Parker het jare lank in
ruim huise gewoon maar sedert sy haar daarop
begin toespits het om haar koolstofspoor te verklein
belê sy liewer in kleiner minder oordadige ruimtes
wat “net groot genoeg” is.
“Oordaad is dalk charismaties maar op die ou
end voel dit soos ’n verkwisting; dis nie goed vir die
siel nie” sê sy.

In 2000 het Heather ’n huis gekoop in De
Waterkant dietrendygeskiedkundige Kaapse buurt
met sy erfenis-kothuise en keisteenstrate. Die
eiendom is op ’n erf tussen twee strate en is in twee
kleiner huise verdeel. Deesdae woon sy in een
terwyl sy die ander een op Airbnb verhuur. En
as jy nou slim oplossings in ’n klein ruimte
wil sien moet jy hier kom kyk... >>

’n Geverfde rugbord
agterdie oond en kook-
vlak is ’n subtiele dog
doeltreffende verdeler
tussen die kombuis en
eetdeel. Met die oond
in die middel van die
kombuis is dit maklik om
met gaste te kuier terwyl
jy ’n storm loskook agter
die potte!


Dis in die detail
’n Muurgemonteerde droograk
bespaar kosbare toonbankspasie.

Oop rakke in die kombuis werk
goed want oopswaaideurtjies
sou te veel plek in beslag
geneem het.

Hetjygeweet?
Vir die grootste gemak is die algemene
reël dat daar ongeveer 1m oop spasie
agter ’n eetkamerstoel moet wees.

[ ]#^2 ‘n Knus kothuis 'ƌŽŽƩĞ͗ρϭŵР


ŬůĞŝŶƌƵŝŵƚĞƐ gevallestudie


Maart 2017 tuis 39

Free download pdf