Tuis. 03

(Tuis.) #1
Nikki Zigras se kombuis is miskien klein maar
dansky ’n paar slim ontwerpidees kan sy maklik
tot agt mense vir ete nooi!
“Ons Bo-Kaapse huis is uiters kompak daarom
moes ek die kombuis regtig goed beplan” sê
Nikki ’n interieurontwerper en die eienaar van
Studio Do Cabo. “Op die ou end was dit ’n
spanpoging. Omdat my man Michiel van Diepen
graag kook moes hy ook help besluit of die projek
vanuit ’n praktiese oogpunt werk.
“Ek gebruik meubels laag op laag: Die eet-
kamertafel en een laaikas is op wiele en pas onder
die eilandeenheid. Dié stukke kan maklik
rondgeskuif word om verskillende ruimtes vir
geleenthede soos partytjies te skep. Die sitkamer
op sy eie het nie plek vir baie mense nie en vir my
40ste verjaardag het ons bloot die eiland
weggeskuif vir dansplek. Die platejoggie het dit
sommer gebruik as tafel vir sy toerusting!”
Al het die kombuis nie vensters nie laat Nikki
se slim keuse van afwerkings dit nogtans ruim
voel. “Ons het besluit op kaste en werkvlakke van
vlekvrye staal omdat dit lig weerkaats
en duursaam is – baie wys in ’n
knap kombuis waar ons soms
nogal rof werk” sê Nikki met
’n glimlag.

Die Siemens Slimline-skottelgoedwasser
(dis 45 cm breed pleks van die gewone
60 cm) is nog ’n slim ruimterekker. Nikki
het besluit op oop rakke omdat haar
kombuis en sitkamer een oopplan-vertrek is
en sy wou hê die dekorstukke wat sy uitstal
moet vanuit albei dele sigbaar wees.

[TOPWENKE]


  • Is jou plek te knap vir
    ’nopwashoek? Kies ’n
    diep wasbak; jy kan vuil
    skottelgoed daarin
    wegsteek en met ’n
    kapplank bedek.

  • Moenie voorwerpe
    op werkblaaie laat
    rondstaan nie.

  • Oorweeg verskillende
    opsies vir beligting.
    ’n Kombinasie van hang-
    lampe versteekte LUD’s
    en kolligte is perfek vir ’n
    klein kombuis.


Nikki Zigras

'ƌŽŽƩĞ͗ϳŵР
[ ]#^3 ‘n Slim kombuis

Mungo 021 201 2374 044 533 1395 mungo.co.za Quadrata 021 712 1357 quadrata.co.za
Southern Art Ceramics 028 316 3296 tiledesign.co.za Studio Do Cabo 063 161 8578 Studio Do Cabo/
facebook.com Tilespace 021 510 2081 tilespace.co.za Woolworths 0860 022 002 woolworths.co.za


3 in 1!


Maart 2017 tuis 43

Free download pdf