Tuis. 03

(Tuis.) #1

{2016 se wenners}


Jy kan
vanjaar se
wenner wees!

Andrew en Victoria
Zekveld van Clarendon
in KwaZulu-Natal
se indrukwekkende
kombuisopknap het
verlede jaar aan hulle
die eerste prys besorg.

INSKRYWINGS VIR 2017


is nou oop!


A


s jy ’n passie vir opknap het of die
geleentheid soek om jou regruk-
spiere te bult is ons jaarlikse
Regruk met Flair-kompetisie die perfekte
geleentheid! Stuur eenvoudig foto’s van jou
projek in – en jy kan wegstap met jou deel
van R73 000 se welkome koopbewyse.
Ons Regruk met Flair-kompetisie wys vir
die 9de agtereenvolgende jaar waartoe
Suid-Afrika se vernuftigste opknappers in
staat is – dis mense wat nie skrik vir hande
vuilmaak nie en in die proses ook graag ’n
geldjie spaar!
En onthou: Jy kan enigiets inskryf – van
’n hele huis tot net een vertrek.

SKRYF SÓ IN
Besoek fixit.tuis.co.za en skryf aanlyn in; met die
nuwe verbeterde webwerf is dit nog makliker om
jou projek met ons te deel. As jy enige navrae het
stuur e-pos na [email protected] of
skakel 021 408 3815. Maak asseblief seker jy
verskaf hoëresolusie-foto’s (minstens 2MB elk).
INSKRYWINGS SLUIT 30 Junie 2017

BELANGRIK
Onthou die volgende:


  • Jy moet kortliks verduidelik wat jou projek behels
    het en ’n uiteensetting van die koste saamstuur.

  • Projekte moet oor die afgelope drie jaar
    plaasgevind het. Die huismense moet minstens
    50% van die werk self gedoen het – dis ’n
    kompetisie vir mense wat self inspring.


Maart 2017 tuis 61


KOMPETISIE


BUCO (voorheen Penny-
pinchers) en Timbercity borg
die kompetisie. Die wenners
ontvang ’n R35 000-
koopbewys en die
inskrywings wat deurdring
tot die top-10 en top-5 wen
ook koopbewyse.
Free download pdf