Tuis. 03

(Tuis.) #1

Uit hul


notaboek


Alles gebeur om ’n rede is hierdie
vernuftige paartjie se lewensfilosofie.

D


is moeilik om te glo die Kelmans
se TV-kamer was voorheen ’n
donker stoep. Maar nadat dié
paartjie die blink idee gekry het om die
dakkappe te ontbloot is dit deesdae ’n
oop ruim bymekaarkomplek wat die hele
gesin geniet.
“Maande lange mure afbreek afvlak
pleister verf herstel en vloere lê het dié
ruimte omskep in ons pragtige TV-kamer –
net betyds vir lekker winteraande voor die
kaggel” sê Cheryl.
Die Kelmans besit ’n meubelmaatskappy
Kelwood Furnishings en die handige Mark
was beslis die regte man vir die projek.
Nadat hy die plafonborde uitgehaal het het
hy die dak met Isotherm geïsoleer. Om geld
te bespaar het hy ’n skuins plafon van
laaghout onder die boonste dakkappe
vasgesit en dit toe netjies wit geverf.
’n Bestaande muur is uitgebreek en
herbou om die vertrek effens te vergroot.
Die bakstene is ontbloot gelaat sodat dit ’n
fokusmuur vorm saam met die kaggel
spieëls en afgevlakte sementblaaie wat
Mark self ingebou het.
Hy gee toe dat hy nie kan stilsit nie en
dis daarom geen wonder dat hy ook al die
elektriese werk met die hulp van ’n vriend
wat ’n gekwalifiseerde elektrisiën is
aangepak het nie.
As mede-eienaar van ’n meubelfabriek
en iemand wat al eiehandig ’n troon vir die
huidige Zoeloekoning Goodwill Zwelithini
gebou het was hy ook baie betrokke by die
binneversiering; die meeste van die
meubels insluitend die metaal-en-
houtrakke (eikehout herwinde Oregon-
dennehout en Sweedse rooihout) koffie-
tafel dientafel spieëlrame kandelaber en
lampkappe is deur Kelwood Furnishings
gemaak.

Die afwerking
Aluminium-skuifdeurBuild It
(031 719 1759 buildit.co.za)
VloerGelamineerde planke uit die
Traviata Sierra Madre Oak-reeks van
Waltons Carpets (033 386 8230
topcarpets.co.za)
MureBehandel met Dekade Paints
Surface Conditioner gevolg deur Gold
Label se Mayan Stone (033 386 9357
dekadepaints.co.za)
Dakbalke en laaghoutplafonWhite
Ceiling PVA van Dekade Paints
KaggelJetmaster (grootte 700; net die
binneste voering) gekoop by Marksman
(033 342 4675 marksman.co.za)
MeubelsKelwood Furnishings
(081 270 2788)
BykomstighedeBerncliffe Fine Furniture
(033 330 3852 berncliffe.co.za)

Wie woon hier? Mark en
Cheryl Kelman met hul
kinders Amy (10) en
Sarah (8)
WAAR Pietermaritzburg
GROOTTE45 m²

fki


Kaggel R5 000
Vloere 12 000
Laaghoutplafon 5 000
Verf 1 500
Bakstene 4 000
Deur 3 000
Arbeid 2 250

Koste


Totaal: R32 250

Mark sê die moeilikste deel van die
opknap was toe hy die ou leiklipvloer
moes uitkap. Dis met ’n gelamineerde
vloer vervang. Die lamp (kap en staander)
en spieël is gemaak in die fabriek wat die
Kelmans 12 jaar gelede begin het.

V&A
met Mark Kelman
Wat is jul geldspaarwenke?As jy
allesself doen gaan die projek jou
baie minder kos. Jy kan ook begin
selfs al het jy nie genoeg geld om die
projek klaar te maak nie (jy hoef ook
geen deposito’s te betaal nie). Sodra
daar kontant beskikbaar is kan jy
materiaal aankoop; en wanneer die
geld min is kan jy fokus op projekte
wat nie soveel geld kos nie.
Watter gereedskap moet altyd
byderhandwees?’n Maatband
waterpasboor en figuursaag of
hoekslyper.
Wanneer is dit beter om liewer die
kennersin te roep?Beslis vir die
elektriesewerk het ek op die swaar
manier geleer: Ek wou ’n ou koper-
draad in ’n baksteenmuur uitkap; dit
het my geskok en ek moes die aand
in die hospitaal deurbring. Ook
wanneer jy ’n muur wil uitbreek en
nie seker is of dit gewig dra nie; kry
raad by ’n bouer strukturele
ingenieur of argitek voor jy uitbreek.
Enige wenke om kop te hou tydens
’nlang uitgerekte projek?Werk aan
eenruimte op ’n slag. Jy sal dan nog
jou huis kan geniet sonder dat dit
voel jy woon op ’n bouperseel.

Ingang Kombuis

Hoof-leef-
en-eet-
ruimte

Gaste-
kamer

Buite-
onthaaldeel

Slaap-kamer

Stoep

Veranda

Veranda

TV-kamer

Kaggel

60 tuis Maart 2017

Free download pdf