Tuis. 03

(Tuis.) #1

Die stoep hou die huis koel in die somermaande en is almal se gunsteling-kuierplek.
Die buitekant van die huis is geverf met Dulux Potter’s Clay. Een van die vier
slaapkamers is in ’n eetkamer (onder links) omskep wat met die sitkamer skakel. Die
muur bo die kaggel is geverf in die Plascon-kleur Paris Paving en die res van die eet-
en-sitkamer in Artist’s Canvas.


In die eetkamer is die vloer wat tydens die
opknapprojek beskadig is gelap deur ’n
valdeur in die gat te installeer. “Eendag gaan
ons hier ’n lekker kelder inrig” sê Lisa.

Free download pdf