Tuis. 03

(Tuis.) #1

Hugo en Daniël hou daarvan dat hulle “vir nou” ’n
kamer deel en dat hulle maklike toegang tot die
stoep het. Die skoenerak is ’n ou boekrak wat Lisa by
haar pa Philip Hugo geërf het. Sias het bypassende
sweefrakke bo elkeen se bed geïnstalleer.


Die mure in dié badkamer
is geverf met Plascon
Whisper. Sias het die idee
vir die tafel op Pinterest
gesien en aangepas om op
die trappie te pas.

Die fokusmuur agter die bed in die
hoofslaapkamer is geverf met Plascon Paris
Paving. Die glas-bedlampies het Sias en Lisa uit
’n Eurolux-katalogus by ’n plaaslike elektriese
winkel bestel. Sias het die stylvolle wit kaste in
armoire-styl gebou en met spieëls afgerond. >>

Maart 2017 tuis 67

Free download pdf