Tuis. 03

(Tuis.) #1

Maart 2017 tuis 71


doen dit self


Wat jy nodig het


13


45 6


2


1 Meet en merk waar die panele teen die muur gaan kom. Gebruik
die waterpas om seker te maak die lyne is haaks en reguit.
2 Sny die plakpapier in die regte lengte.


3 Meng die plakpapiergom volgens die aanwysings op die
verpakking smeer dit met die kwas aan die agterkant van
die plakpapier en hang die plakpapier op die merke wat jy in
stap 1 gemaak het. Vee enige borrels met jou hande weg.

INKOPIELYS


  • plakpapier (±18 m per paneel – ons
    het oorskiet gebruik)

  • plakpapiergom

  • 3 polistireen-kroonlyste (50 mm x 2 m)
    per paneel

  • kroonlysgom

  • verf


Stap vir stap ...


GEREEDSKAP


  • waterpas

  • maatband

  • L-liniaal

  • saag en verstekbak

  • verfkwas

  • skêr


VERSKAFFERS @home 0860 66 66 74 home.co.za MRP Home 0800 21 25 35 mrphome.com St Leger & Viney 011 444 6722 stleger.co.za


4 Gebruik die verstekbak om
die kroonlyste volgens die
grootte van jou panele uit te
sny. Jy sal twee lang sye en
twee kort sye nodig hê.


5 Wend twee lae verf op elk
van die kroonlyste aan; verf
ook rondom die sye omdat dele
daarvan sigbaar sal wees.
Laat die verf droog word.

6 Wend die kroonlysgom op die agterkant van
die kroonlyste aan en plak dit teen die muur.
Vul openinge in die hoeke waar twee kroonlyste
bymekaarkom met gom; vee enige oorskiet met
’n klam lappie af. Laat dit droog word en wend nog
verf aan waar nodig.
Free download pdf