Tuis. 03

(Tuis.) #1

76 tuis Maart 2017


raad


Wonder jy hoe om in die badkamer en tuin water te


bespaar? Of dalk stel jy belang in vinielteëls? Vra net – ons


kry die antwoorde.


Saamgestel deur Kim Arendse

Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

Vra die kenners


Wees waterwys!
Amanda Dreyer van Bloemfontein skryf
Ek het onlangs gryswater in my tuin begin
gebruik. Wat kan ek nog doen sodat my tuin
tydens waterbeperkings steeds goed lyk?
Nick Stodel
esturende direkteur van
todels Nurseries
ntwoord Ons moet dit
intlik almal oorweeg om
ns tuin aan te pas vir
ierdie nuwe toestande.
ies byvoorbeeld mooi
ras en plant nuwe én
gevestigde plante in potte pleks van in die
grond. Hier is nog ’n paar wenke:


  • Gebruik keistene of hout om beddings te
    omrand – nie net lyk dit mooi nie dit help
    ook om water in die grond te hou.

  • Kies plante wat minder water vra soos
    Crassula Polygala Carissa Gazania
    spekboom en Helichrysum.

  • Plant in houers sodat water nie wegloop
    nie en die plant alles absorbeer. Houers is
    ook perfek om kruie en groente in te plant.

  • Jy hoef nie kleur prys te gee wanneer jy
    waterwys tuinmaak nie. Die kleurvolle oranje
    spatsels van plante soos gousblomme
    vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii ) en
    Kaapse kanferfoelie sal mooi kontrasteer
    met die sagte blou van agapante syselbos
    en felicia. As jy hou van pienk kies
    Indigofera Anisodontea en Tinnea barbata.
    Agapante is ’n uitstekende opsie vir ’n
    waterwyse tuin: Dis gehard gedy in droë
    toestande en is in ’n verskeidenheid
    blomkleure van bloupers tot wit en soms
    pienk te kry.

  • Kies inheems – dié plante spaar jou tyd en
    geld nadat hulle gevestig is omdat hulle
    goed aangepas is vir die omgewing. Hulle

    • Voor jy natmaak druk jou vinger in die
      grond om die voginhoud te toets. Soms lyk
      die grond bo-op droog maar het die plant
      eintlik nog genoeg water.

    • Belê in produkte wat water help behou
      soos SaturAid of Stockosorb. Meng die
      absorberende korrels met die grond; dit
      absorbeer water wanneer die grond nat is
      en stel dit weer stadig in die grond vry.
      Strooi deklae in beddings en werk kompos
      by die grond in; dit sal ook help dat die
      grond water behou.

    • Moenie op winderige dae natmaak nie –
      die wind help verdamping aan.

    • Trek onkruid uit sodra jy dit oplet omdat
      dit met jou plante meeding om water en
      voedingstowwe.
      KONTAK stodels.com




Foto

Bev Day

Stuur jou vrae na [email protected].

vaar ook besonder goed in tye van
waterskaarste. Oorweeg vygies Kaapse
madeliefies speldekussings clivias
Coleonema pulchellum erikas en proteas.


  • Gebruik laag groeiende geharde grond-
    bedekkers soos Gazania Plectranthus en
    buffelsgras wat die grond verkoel en
    verdamping sal verminder.

  • Kombineer vetplante met kontrasterende
    vorms en kleure vir visuele trefkrag –
    gebruik byvoorbeeld variëteite met spits
    blare saam met ander met sagte geronde
    blare. Maak ook seker jy gebruik plante met
    helder kontrasterende kleure.

  • Maak minder gereeld maar dieper nat; dit
    moedig die plante aan om diep wortel-
    stelsels te ontwikkel wat help dat hulle
    meer droogtebestand raak.

Free download pdf