Tuis. 03

(Tuis.) #1

Maart 2017 tuis 83


WEN!


Die lesers wie se foto’s hier verskyn wen ’n groot Paw x 4 vir honde of ’n
middelslag-Snuggle Rug vir katte van Wagworld (wagworld.co.za). Die Paw x 4
is ideaal vir waterbabas en die Snuggle Rug is net die ding vir kietsies wat verhaar en
liewer binne kuier. Albei is beskikbaar by voorste veearts- en troeteldierwinkels. Stuur jou
foto’s (minstens 2MB elk) en volledige kontakbesonderhede [email protected]


  • dalk is jou dieremaat ook ’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 128.


Raad teen bosluise
Christelle Mayford van Pretoria skryf
Ek het al so baie rate probeer om
ontslae te raak van bosluise op my
honde – van dipstowwe en sjampoes tot
druppels soos Advantix – sonder sukses.
Hoewerk die tablette en is dit veilig op
die lan e duur?
Dr. Mats
batzidis ’n lid van
ie Suid-Afrikaanse
eterinêre Vereniging
ntwoord Dis altyd
ntstellend om
osluise en/of vlooie op
u troeteldier te vind.
ie produkte wat tans op die mark is vir
bosluis- en vlooibeheer by honde word in
die algemeen geregistreer as “kontakgif”
wat beteken die parasiet moet kontak
maak met die troeteldier en die aktiewe
bestanddeel in die troeteldier se bloed-
stroom voor jy kan verwag dat die bosluis
of vlooi sal doodgaan. Dit is per definisie
dus nie ’n afweermiddel nie.
Dit beteken jy sal van tyd tot tyd nuwe
bosluise of vlooie in jou huis sien al het jy
reeds jou hond behandel. Dit is omdat
die bosluise of vlooie dalk eers onlangs
op jou troeteldier geklim het en nog nie
van die dier se “behandelde” bloed
ingekry het nie.
Onthou dit kan tot 48 duur voordat
veral bosluise ’n vaste bytplek kry. Dit
gebeur omdat hulle met die eerste paar
byte nie bloed kry nie maar onderhuidse
vel en vet. Hulle sal aanhou rondsoek tot
hulle ’n geskikte bytplek (een met ’n
onderliggende bloedvat) kry om te kan
oorleef die volgende lewenstadium in te
gaan en voort te plant.
Die goeie nuus? Sodra die parasiet van
jou troeteldier se bloed ingekry het sal
bosluise binne 2–12 uur doodgaan en
vlooie binne 2–8 uur.
Volgens studies is langtermyngebruik
van die tablette veilig. Die middel word
gewoonlik onverwerk saam met die
ontlasting uitgeskei (dit beteken die lewer
of niere hoef nie die aktiewe bestanddeel
af te breek nie wat uiteindelik minder
fisiologiese druk op die dier se liggaam
plaas). Proefnemings oor agt jaar toon
geen afwykings in organe of weefsel
weens gebruik van hierdie middels nie.
KONTAK sava.co.za

Net ’n sonstraaltjie


Die pragtige Charlie maak die beste
van ’n sonkol. – Louis de Villiers
Bloemfontein


Kop in een mus
Dié twee ken ’n lekker
ontspanhoekie wanneer hulle
een sien. – Shohana Mungal
Phoenix KZN

Trots
Suid-Afrikaans!

Stuur jou vrae na [email protected].

V&A
Free download pdf