Tuis. 04

(Tuis.) #1

100 tuis April 2017


tuin


Slim keuses


VIR DIE KLEIN-KAROO


DeurMarié Esterhuyse •SketsPietman Diener

Pietman se voorstelle


1 Die rotstuin
Lê die rotstuin uit teen ’n gedeelte van die
grensmuur. Die muur van ongepleisterde
bakstene het ’n mooi tekstuur en sal die ideale
agtergrond vorm vir al die interessante vetplante
en kaktusse wat kuiermense graag aandra.
Kombineer dié plante met bolplante vir
seisoenale kleur en ornamentele grasse en
plante met ’n sagter groeiwyse soos besemgras
enTradescantia pallida‘Purple Heart’. Dié
plante sal mooi kontrasteer met die hardheid
van die klippe en die argitektoniese vorms van
die vetplante en kaktusse.

2 Die kruietuin
Die kruietuin moet naby die kombuis
wees sodat hulle maklik en gou kan pluk
vir die pot. Omring dit met spekboom-
heinings en gebruik die bestaande
grensmure om dit die gevoel van ’n aparte
tuinkamer in die groter tuin te gee. Hier sal die
avokado- olyf- en suurlemoenboom wat Ronelle
het ook ’n ereplek kry. Behalwe vir Ronelle se
gunsteling-kruie kan hulle hier ook groente en
blomme vir kleur plant. En vir sitplek kan hulle
’n bankie onder ’n klein druiweprieel staan-
maak. Die kombinasie van kruie groente
kleurvolle blomme en vrugtebome sal die
tuinkamer ’n ware kombuistuin-gevoel gee.
3 Die grasperk
Ronelle wil graag ’n grasperk naby die stoep hê
om die onthaalarea te vergroot en vir kinders
wat in die toekoms daar sal wil speel. Kweek-
gras is ’n goeie opsie omdat dit min water nodig
het en siektebestand is. Pietman stel voor hulle
omraam die grasperk deels met ’n informele
heining van syselbos wat met min moeite en
ewe min water ’n aantreklike heining sal vorm.
Die plant se ligblou blomme en informele sagte
gevoel sal kontras skep met die meer geharde
landskap wat jy vanuit die tuin sien.

Johan en Ronelle
Engelbrecht het onlangs
huis gebou. Nou is dit die
tuin se beurt om struktuur
en kleur te kry. Hulle wil self
die tuin aanlê maar het hulp
met die ontwerp en keuse van
plante nodig gehad. Pietman Diener
’n tuinontwerper van Stellenbosch
het hand bygesit.

Johan en Ronelle se
wenslys vir hul tuin


  • Waterwys min onderhoud en
    kostedoeltreffend. Hulle wil dit self
    implementeer en onderhou.

  • ’n Plantlys met hoofsaaklik inheemse
    plante van die omgewing.

  • ’n Rotstuin vir al die vetplante wat
    hulle by familie en vriende kry.

  • ’n Grasperk naby die stoep.

  • ’n Kruietuin naby die kombuis.

  • Die mooi uitsig op die veld moet
    beklemtoon word.

  • Ronelle wil bome gebruik wat sy
    reeds gekoop het.


Op Oudtshoorn word dit warm. As jy hier wil tuinmaak


moet jy jou plante reg kies!


Wie woon hier?
Johan en Ronelle
Engelbrecht
Waar Oudtshoorn
Grootte van
tuin 444 m²

Ronelle en Johan

Pietman

Aeonium

Vygies

Aalwyne

Foto

Ernst van Jaarsveld

Foto

Kosie Jansen van Rensburg

Blaai om vir die plan. >>

Free download pdf