Tuis. 04

(Tuis.) #1

April 2017 tuis 107


Het j y ’n nuwe
plant gekoop?

Take vir elke streek
Somerreënstreek Dou bly langer op die
blare; spuit Chronos of Rose Protector
teen swartvlek. Dis die laaste maand om
met Vigorosa te bemes vir meer blom-
vorming en om die rusperiode tot Junie
uit te stel. Gee geleidelik minder water;
nou net een keer per week.
Kaapse kusstreek Hou aan natmaak met
gryswater as dit nog nie begin reën het
nie – dis beter as geen water. Maak seker
beddings het goeie deklae. Indien dit
begin reën spuit Chronos of Rose

Protector teen swartvlek donsskimmel en
roes. Bemes met Vigorosa maar net as
dit genoeg gereën het of jy toegang tot
voldoende water het. Dit sal die rose
aanmoedig om tot Julie te blom.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus
Hou blaaspootjie in bedwang met
Plant Care of Garden Ripcord vir ’n erge
infestasie. Maak minstens een keer per
week nat en bemes met Vigorosa.
Dit sal rose aanmoedig om deur die
winter te blom.

Jou geurige rose kan vrugtekewers lok.


Die ‘Avril Elizabeth’-roos vertoon
die beste in ’n verhewe houer.

V: My ‘Avril Elizabeth’-rose is tamaai
maar hul koppe hang ondertoe. Kry dit
te min sonlig?
Dis ’n genetiese eienskap
algemeen in variëteite met groot geurige
blomme met baie blomblare. Party stele
groei meer regop maar die meeste buig
mooi grasieus. Moet jou nie daaroor
bekommer nie en geniet jou geurige roos!
Dis dalk ’n goeie idee om dié soort rose in
’n hoër deel van die tuin te plant sodat jy
die blomme beter kan waardeer.

V: Daar is groot geel-en-swart kewers wat
aan my rose vreet en blykbaar hou hulle
veral van my geel ‘South Africa’-rose.
Dis vrugtekewers; hulle teel aan in
komposhope of sagte grond en hou van
geurige rose. Spuit met Cyper teen dubbel-
sterkte – dit sal die kewers doodmaak en ’n
ruk weghou. As jy nie gif wil gebruik nie
haal die kewers met die hand van die
blomme af en gooi hulle in ’n emmer water
sodat hulle versuip. Die feromoon-lokvalle
wat te kry is is ondoeltreffend.

Rose kan tot 15 jaar oud word selfs
ouer as die toestande reg is. Die
regte grondvoorbereiding wanneer jy
’n nuwe roos plant kan jare by sy
leeftyd voeg omdat die wortels diep
en wyd in die goed voorbereide grond
kan ontwikkel. ’n Roos met ’n sterk
wortelstelsel vaar nie net uitstekend
nie dit kan ook wisselvallige natmaak
en droë tye trotseer. Die voordeel as
jy ’n roos in April plant is dat dit in
die winter kan vestig wanneer die
wortels nie voedsel aan die blare hoef
te voorsien nie en teen die lente sal
dit gereed wees om soos ’n volwasse
roos te groei en blom.
Stap-vir-stap-wenke vir plant:
1 Of jy ’n individuele gat of hele
bedding voorberei grawe ’n gat
sowat 40 cm diep en hou daardie
grond eenkant. Maak dan die grond
onder in die gat nog 20–30 cm
dieper los.
2 Meng organiese materiaal soos
grondboondoppe appelkoospitte of
basstukkies asook kompos en goed
verrotte mis in by die grond wat jy
uitgegrawe het. Werk Vigolonger by;
dis ’n stadig vrystellende roosmisstof
wat die hele seisoen lank voeding-
stowwe sal vrystel.
3 Vul die gat met die verrykte grond
maak nat en laat dit oornag staan.
4 Maak die volgende dag ’n gat vir
die roos maar voor jy plant sit die
roos (nog in sy swart plastieksak) in
die gat en maak seker dat die hoogte
reg is. Die grondvlak in die sak moet
gelyk met die bokant van die bedding
of gat wees.
LW Die okuleerlas is die punt waar
een roos (die kultivar) op ’n ander
een (die onderstok) geënt is. Dit vorm
’n knop wat net onder die grond moet
wees. As die knop bo die grond
sigbaaris (met die plant steeds in die
sak) grawe die gat 5–6 cm dieper
voordat jy die roos plant.
5 Haal nou die roos uit die sak
wikkel die wortelbal effens los en sit
die roos in die gat; vul die gat met die
verrykte grond. Trap die grond
rondom die roos stewig vas en vorm
’n dammetjie rondom die plant.
6 Maak die plant goed nat met
minstens 20 liter water.

Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].

Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner het raad
teen rooskewers en gee stap-vir-stap-wenke
vir die plant van rose.

Trots op jou tuin?


Stuur foto’s na
[email protected]


  • ons wil graag sien!

Free download pdf