Tuis. 04

(Tuis.) #1

106 tuis April 2017


Franse dragon is die koningin van


Franse kookkruie met anysgeurige


blare wat romerige souse en soppe


’n onvergeetlike aroma gee.


Kweek dit so Saailinge het volson nodig en
hou van klam maar nie deurdrenkte grond
nie. Dié plante (40 cm hoog en wyd) sal in die
winter dormant raak maar los dit in die
grond want dit sal weer in die lente uitloop.
Vervang plante elke vier jaar omdat hulle
mettertyd hul groeikrag verloor.
Wenk van die maand Oes en lê dragon nou in
voordat dit in die winter dormant raak. Droog
of vries die blare. Vries dit so: Kap die blare
sit dit in ysbakkies en bedek met water;
wanneer die blokkies gevries is kan jy dit in
sakkies of houers in die vrieskas bêre.
Het jy geweet?



  • Die aromatiese loof hou insekte weg.

  • Wanneer dit langs ander gewasse veral
    eiervrug groei verbeter dit die groei en
    smaak van dié gewasse.

  • Russiese dragon ’n kultivar wat van
    saad gekweek word is baie bitterder. Dit
    het ook nie aromatiese olie soos die Franse
    weergawe nie.
    Gebruike Dis een van die kruie wat (saam
    met kerwel grasuie en pietersielie) deel
    uitmaak van die Franse fines herbes. Dié
    kruiemengsel word by souse soos sauce
    Béarnaise en sauce verte (groensous) vir
    salm gevoeg asook by omelette. Dit word ook
    gebruik in kruiebotters wat op geroosterde
    vleis pluimvee of vis gesmeer word. Omdat
    hitte die geur uitbring is net ’n paar blare
    genoeg om karakter aan ’n gereg te gee.
    KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Franse dragon
(Artemisia dracunculus var. sativa)

KRUI VAN DIE
MAAND

Gaillardia‘Sun Flare’ en ‘Red Sun’ is
twee treffende nuwe plante wat jou
tuin sal ophelder.Gaillardias wat
algemeen as kombersblomme
bekend staan aard die beste in
warm sonnige weer en vrugbare
goed gedreineerde grond maar kan
arm grond verdra. ‘Sun Flare’
(20–25 cm hoog) het langwerpige
goudkleurige blomblare met ’n
kontrasterende rooi middel terwyl
‘Red Sun’ (35 cm hoog) amper
heeltemal rooi is met geel
punte. Albei groei sowat 50–60 cm
wyd en het ’n lang blomtyd wat dit
’n uitstekende meerjarige
beddingplant maak. Vir die beste
vertoning groepeer vyf tot sewe
plante saam in ’n gemengde
randakker. Dié plante sal ook goed
vaar in houers.

Gaillardia‘Red Sun’

Gaillardia‘Sun Flare’

Anthurium andreanum oftewel die flaminklelie kom uit die tropiese reënwoude van
Sentraal-Amerika. Dis die ideale huisplant omdat dit so te sê onvernietigbaar is en min
sorg vra met besonderse blomskedes en blink hartvormige blare in skakerings van rooi
pienk oranje en wit. Die kompakte plante vaar die beste in ’n warm plek met helder
gefiltreerde lig (nie direkte sonlig nie); die ideale binnenshuise temperatuur is 18–24°C.
VersorgingMaak net nat wanneer die grond droog voel – een of twee keer per week in
die somer en minder in die winter. En moenie dat dit in water staan nie – sit die pot op ’n
piering vol klippies. Die water wat dreineer verskaf humiditeit sonder dat die pot aan die
water raak. Blare wat geel verkleur (nie bruin en verlep is nie) is ’n teken van te veel
water. Dien vloeibare bemesting in die lente toe en
weer in die herfs.

Anthurium

BINNENSHUISE PLANT VAN DIE MAAND


Anthurium saam
met ’n bromelia
(Aechmea
fasciata).

NUUT IN DIE KWEKERY

Free download pdf