Tuis. 04

(Tuis.) #1

Speserylaagkoek


met pere


’n Effe suur crème fraîche-versiersel sorg vir
perfekte balans tussen die koek en
stroperige pere!


Maak1x22cm-koek
Bereidingstyd: 40 minute
Baktyd: 20–25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C



  • 625 ml (350 g) meel

  • 425 ml (360 g) strooisuiker

  • 10 ml koeksoda

  • 10 ml kaneel

  • 5 ml neutmuskaat

  • 5 ml gemengde speserye

  • 3 ml fyn gemmer

  • 250 ml olie

  • 2 eiers

  • 400 ml mediumvet-jogurt
    KARAMELPERE

  • sowat 6 mediumgroot pere ryp maar
    nie pap nie

  • 45 ml botter

  • 25 ml Old Brown-sjerrie

  • 60 ml heuning plus ekstra na smaak
    VERSIERSEL

  • 460 ml crème fraîche

  • 30 ml strooisuiker (of na smaak)

  • 15 ml suurlemoensap

  • gerasperde skil van 1 suurlemoen


1 Voorverhit die oond. Voer 3 vlak
koekpanne uit met bakpapier en spuit met
kleefwerende kossproei. Sif die droë
bestanddele saam en klits die olie eiers en
jogurt saam. Voeg dan die droë en nat
mengsels bymekaar en meng tot net glad.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne.
Bak vir sowat 20 minute of tot ’n toetspen
skoon uitkom. Keer die koek versigtig uit en
laat dit op ’n draadrakkie afkoel.
2 Verhoog intussen die oondtemperatuur tot
tussen 200 °C en 220 °C. Sny die pere in


5 mm dik skyfies en verwyder enige pitte.
Sprei dit uit in ’n oondroosterpan en stip
met die botter; sprinkel die sjerrie oor en
bedruip met die heuning. Jy kan nou ook ’n
knippie kaneel en steranys byvoeg maar
onthou die koek is vol heerlike speserye.
Bak die pere vir sowat 15 minute draai die
skyfies om en bak verder vir nog sowat
10–15 minute (afhangend van hoe ryp die
pere is – jy sal gou sien wanneer dit reg is).
3 Sit die crème fraîche strooisuiker
suurlemoensap en -skil saam in ’n mengbak
en klits met ’n ballonklitser tot gemeng.
4 Om saam te stel smeer die versiersel oor
al drie koeklae skep die pere bo-oor en
stapel die lae op mekaar. Drup ’n bietjie
ekstra heuning oor vir glans.

Mosbolletjies
Ons het die mooie mosbolletjies kruisies
gegee vir die Pase.

Genoeg vir: 24 bolletjies
Bereidingstyd: 45 minute plus rystyd
Baktyd: 50 minute
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 2 230 ml (1 250 g) koekmeel

  • 10 ml sout

  • 45 ml anys

  • 125 ml (100 g) suiker

  • 15 g kitsgis

  • 250 ml louwarm melk

  • 200 ml druiwesap

  • 350 ml louwarm water

  • 100 g botter gesmelt

  • 45 ml appelkooskonfyt gesmelt


1 Meng die droë bestanddele in ’n groot
mengbak en meng al die nat bestanddele
behalwe die appelkooskonfyt in ’n
maatbeker. Maak ’n holte in die droë
bestanddele en giet die vloeistofmengsel
daarin. Meng stadig met ’n sirkelbeweging
tot die deeg te styf raak om te roer en begin
dan die deeg in die bak knie tot alles
bymekaarkom. Keer uit op ’n skoon
oppervlak en knie vir nog sowat 10 minute
tot die deeg soepel en glad is. Voeg ’n bietjie
ekstra meel by indien nodig. Smeer ’n groot
mengbak met ’n bietjie olie en sit die deeg
daarin. Bedek met gesmeerde kleefplastiek
en laat staan op ’n warm plek om te rys tot
dubbel die volume.
2 Druk al die lug uit die deeg en verdeel in
24 eweredige balletjies. Pak die balletjies
knus in ’n gesmeerde oondbak (of twee
groot broodpanne) en laat dit weer op ’n
warm plek rys tot dubbel die volume.
3 Voorverhit die oond. As jy die kruisies wil
maak meng 45 ml meel met net genoeg
water om ’n pasta met die samestelling van
dik versiersel te maak. Skep in ’n plastiek-
sakkie knip die punt oop en spuit ’n kruisie
op elke uitgerysde balletjie. Glaseer met ’n
bietjie melk en bak vir sowat 50 minute of
tot goudbruin en gaar. Hou dit goed dop
want jy wil nie hê die bokant van die
broodjies moet te warm kry voor die
binnekant gaar is nie (oonde verskil mos
maar). Verf die konfyt oor sodra dit uit die
oond kom. Geniet die bolletjies heerlik warm
met botter gerooster met konfyt of
marmelade en kaas – of net soos jy
daarvan hou!
Free download pdf