Tuis. 04

(Tuis.) #1

1


2


3


Kry al jou bestanddele gereed voor jy begin
kook: Skil die gemmer en sny dit in dun
stokkies; sny die sitroengras se punt af
verwyder die harde buiteblaar en kap
diagonaal in dun skyfies; sny die ui in dun
wiggies; kap die oestersampioene en
hoender in happiegroot blokkies.

Sit die voorbereide bestanddele in ’n pot of
wok en roer die klappermelk by saam met
250 ml kookwater. Verhit nou stadig oor
matige hitte tot dit net begin borreltjies
maak en stel die hitte dan effens laer –
klappermelk is temperamenteel en kan net
soos melk skif as dit te woes geroer word of
te vinnig kook. Roer die rissies en tamaties
by en laat liggies prut vir sowat 10 minute.

Geur die sop met die suurlemoen- of
lemmetjieblare (ek hou dit heel dan kan ek
dit maklik verwyder voor opdiening) sout
lemmetjiesap koljander en vissous. Proe
en voeg nog by na smaak indien nodig. Die
sop moet sout en suur dog delikaat wees.
Sit voor met die jasmynrys.

Thaisehoender-en-klappermelkkerrie
Dié geregtom kha gai geïnspireer deur Mark Wiens van eatingthaifood.com
is meesterlik in sy eenvoud. Hoewel dit gereeld as ’n sop beskryf word is dit
eintlik meer ’n souserige kerrie en die rys is heerlik daarmee saam. Ek het die
galangal van die tradisionele resep vervang met gemmer omdat dit meer
geredelik beskikbaar is in Suid-Afrika. Gebruik
gerus die ware Jakob as jy dit in die hande kan kry.

Genoeg vir 2 groot porsies
Bereidingstyd: sowat 30 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 1 dik duimgroot stuk vars gemmer

  • 1 stingel sitroengras

  • 1 mediumgroot wit ui

  • 200 g oestersampioene

  • 4 hoenderborsfilette

  • 1 x 400 ml-blik klappermelk

  • 3–5 “bird’s eye”-brandrissies (of na
    smaak) ontpit en gekap

  • 150 g tamaties in wiggies gesny

  • 3 vars suurlemoen- of lemmetjieblare

  • sowat 3 ml sout (of na smaak)

  • sap van 1 lemmetjie (of na smaak)

  • ’n bossie vars koljander gekap

  • 15 ml vissous

  • gestoomde jasmynrys


stap vir stap kos

Free download pdf