Tuis. 04

(Tuis.) #1

  • 8 repe spek

  • 4 eiers

  • 350g ricottakaas gekrummel

  • 250ml gaar mieliepitte

  • 5 sprietuie gekap

    • 1 rooi brandrissie fyngekap

    • 30ml gekapte platblaar-
      pietersielie

    • 45ml gerasperde mozzarella




Ricotta-en-mieliemuffins
Onder R80 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute


  • 2 eiers

  • 250ml meel

  • 300ml melk

  • 60ml olie

  • 5ml brandewyn
    (opsioneel)

  • 250g gemengde
    murgpampoentjies

  • olyfolie

    • 5 grasuie gesnipper

    • 3 takkies dille gesnipper

    • ’n hand vol basilieblare
      geskeur

    • 250ml salm-roomkaas

    • sowat 200g gerookte forel
      in stukkies geskeur

    • suurlemoenwiggies vir
      voorsit




Pannekoekstapelmetforel
Onder R150 • Genoeg vir 6 • Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

1 Klits die eiers meel melk olie en brandewyn saam en voeg
’n knippie sout by. Giet die beslag deur ’n sif om seker te
maak daar is nie klonte in nie. Verhit ’n pan tot warm smeer
met ’n klein bietjie olie en skep ’n soplepel beslag in die pan.
Draai en rol die pan sodat die hele bodem bedek is. Braai vir
’n minuut of twee keer om en braai ook die ander kant.
Herhaal tot al die deeg op is (sowat 8–10 pannekoeke).
2 Spoel die murgpampoentjies goed af en sny in dun repe.
Braai dit in ’n riffelpan of rooster in die oond tot gaar. Meng
met ’n skeut olyfolie sout en peper asook die kruie.
3 Om saam te stel smeer ’n bietjie roomkaas oor die eerste
pannekoek en versprei ’n paar flertsies forel bo-oor. Sit nou
nog ’n gesmeerde pannekoek en ’n lagie murgpampoentjies
bo-op. Herhaal met al die bestanddele. Rond af met ’n hopie
forel en murgpampoentjies. Sit voor met skyfies suurlemoen.

1 Voorverhit die oond tot 180°C en spuit 4 holtes van ’n reuse-
muffinpan met kleefwerende kossproei. Voer nou die holtes elk
met twee repe spek uit.
2 Meng die eiers ricotta mielies sprietuie rissie en pietersielie en
geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep in die
vier voorbereide holtes en sprinkel die mozzarella oor. Bak vir sowat
25–30 minute of tot gaar en mooi bruin. Sit voor met vars brood en
jou gunsteling- tuisgemaakte tamatiesmoor.

Maak jou laatontbyt dié


Paasvakansie spesiaal.


DeurJohané Neilson
Foto’sFrancois Oberholster


Kos is


op die tafel


Dié apploustrekker
is ewe lekker met
bros spek en grasui-
roomkaas.

Keramiekware van Mervyn Gers (021 510 2385 mervyngers.com)

120 tuis April 2017

Free download pdf