Tuis. 04

(Tuis.) #1
Die huis spog nog met sy
oorspronklike voordeur met
loodglasruite. Dit loop uit op
’n toegeboude stoep wat die
gesin as leeskamer gebruik.

Hoewel Jane Bergset ’n reisagent versot is op haar werk en reeds
98 lande besoek het is dit hier in Durban-Noord waar sy die wye
wêreld se stof van haar skoene kan skud en ’n slag asemskep.
Maar jy sal nooit die wye wêreld se invloede van haar kan losmaak
nie – haar huis is immers ’n weerspieëling van alles wat vir haar
spesiaal en vol herinneringe is: ’n grammofoon wat sy met groot
moeite heelpad van Amman in Jordanië teruggebring het ’n
tradisionele houtbeeldjie uit Ghana antieke Franse linne van die
Verenigde Koninkryk ’n ou kas wat sy in Indië gekoop het terwyl sy
en haar man Sean met rugsakke deur dié land gereis het ...
Tog is daar geen “heilige koeie” in hul huis nie en is dit ook ’n
gemaklike tuiste vir hul tienerseuns en vier honde: die mopshonde
Sushi en Simba ’n Yorkshire-terriër Squidgy en Smartie die
labrador.


Perfekte mengelmoes


Dis nie almal wat dit regkry om verskillende dekorstyle smaakvol te
meng en pas nie maar vir Jane is dit iets wat maklik kom.
Sy glo eerstens aan ’n skoon skilderdoek as basis daarom is die
houtvloere regdeur die huis spierwit geverf so ook die meeste
houtkosyne en -vensterrame – buiten ’n vertrek hier en daar wat


nog met die oorspronklike hout-detail spog.
“Sean was geskok toe hy hoor ek wou die laaste hout in die
kamers ook wit verf toe besluit ek om dit maar te los – vir eers ...”
vertel Jane met ’n ondeunde laggie.
Die huis se dekor bestaan uit ’n ryk verskeidenheid style: oud en
nuut kosmopolities ’n tikkie Frans ’n goeie skoot Durban met sy
boheemse helder kleure en daarby ook meubels in die Art Deco-
en retro-styl net om die hele boel verder op te klits. Tog is elke
vertrek noukeurig deurdink met sorg ingeklee en met die fynste
aandag aan detail afgerond tot ’n kalm geheel.
“My styl is beslis eklekties met genoeg speelse elemente en ’n
ietsie ongewoons” verduidelik Jane. “Ek hou van kleur en dit sal
glad nie in my aard wees om ’n klassieke wit-en-grys huis te hê nie.
Ek eksperimenteer graag met kleure teksture en tekstiele – ook my
klere kan ’n mens nie juis ‘gewoon’ noem nie.”
Sy koop graag plaaslik en het al lieflike vondste by tweedehands-
winkels soos A.E. Wright Furnishers in Pointweg en Eclectic
Antiques naby Floridastraat raakgeloop. “Ek snuffel graag – te voet
en ook aanlyn. En as ek iets sien waarvan ek hou probeer ek om
die verskaffer op te spoor sodat ek dit kan koop. Ek glo dit is lekker
om trots Suid-Afrikaans te wees!” >>

28 tuis April 2017

Free download pdf