Tuis. 04

(Tuis.) #1
Die huis is in 1927 gebou en word as ’n ou Durban-
Noord-huis beskryf; een van die vele klassieke
Eduardiaanse en Victoriaanse huise met hul sinkdakke
en groot verandas.
Jane en Sean het die huis met ’n see-uitsig agt jaar
gelede by ’n oom van Sean gekoop. “Elke keer wanneer
ons by hom gaan kuier het het ek allerhande idees in my
kop gehad van hoe ek die huis sou verander as dit myne
was!” vertel Jane.
Een van die groot aantrekkingskragte was die atrium-tipe
glasdak wat die oopplan-kombuis-en-leefkamer van lieflike
natuurlike lig voorsien. “Dit is een van die hoofredes
hoekom ons die huis gekoop het. Dit máák die huis en
bring hope lig in ’n andersins donker woning” sê Jane.
Die onderskeie vorige eienaars het oor die jare heelwat
aan die huis verander en toe dit Sean en Jane se beurt
was het hulle van die binnemure uitgebreek om ’n lieflike

oopplan-ruimte te skep en ’n reuse-veranda van 100m²
aangebou om by die ander huise in die omgewing te pas.
Die verouderde kombuis in die Italiaanse styl moes plek
maak vir skoon lyne en meer ruimte; dit skakel nou naat-
loos met die sitkamer eetkamer en veranda. Die nuwe
kombuis was aanvanklik rooi maar Jane het sommer gou
besluit om dit wit te verf sodat sy meer skoon lyne en beter
samehang in hierdie deel van die huis kon kry.
“Ek hou van onthaal maar nie juis van kosmaak nie. My
skoonma Lodgie wat in die kothuis op die werf woon is ’n
wonderlike kok en sy spring graag in wanneer ons partytjie
hou” lag Jane.
Net soos die res van die huis spog die kombuis ook met
’n kombinasie van ou en nuwe dekor- en versamelstukke
van Jane se reise. Haar volgende bestemming is Tibet – en
wie weet watter interessante artefak uit dié land binnekort
ook ’n tuiste hier gaan vind ... >>

Ou en nuwe glorie


Mense sê altyd ek het ’n


natuurlike oog maar ek glo


‘koop ’n ding en as dit nie werk


nie verkoop of verf dit!’ – Jane


April 2017 tuis 31

Free download pdf