Tuis. 04

(Tuis.) #1

Die afwerking
Vloerteëls Graham Larkin
Bad The Railway House
Muurgemonteerde ligte Pieter van Dijk Studio
Wasbak-spieël Block & Chisel
Gietyster-spieël Koöperasie Stories
Keramiek-wasbak Victorian Bathrooms
Hanglamp la Basse-cour


Dis in die detail
As jy jou bad in die middel
van die vertrek wil hê
moet daar genoeg
beweegruimte rondom
wees. Jy sal ook ’n staande
mengkraan nodig hê; dis
duurder as ’n
muurgemonteerde
eenheid maar die ene
weelde. ’n Mens kan mos
maar droom ...

Die pragtige teëls muurpanele en hoë
houtplafon werk alles saam om dié
badkamer in die geskiedkundige
Fleurbaix-plaashuis op Stellenbosch ’n
klassiek landelike voorkoms te gee.
Maar dis beslis die losstaande koperbad
wat die kollig steel in hierdie weelderige
toevlug geskep deur die interieurontwerper
Salomé Gunter.
Omdat die bad nie presies in die middel

van die vertrek staan nie is daar genoeg
beweegruimte rondom en kan die
pasgemaakte vloerteëls behoorlik tot hul
reg kom.
Die bad is uitgevoer met nikkel om by
die ingevoerde silwer Samuel Heath-krane
te pas – ’n tydlose meesterstuk!
’n Skuifvenster laat genoeg lig in terwyl
’n elegante hanglamp (kyk op bl. 46) bo
die bad atmosfeerbeligting skep. >>

1 Franse plaasstyl

Free download pdf