Tuis. 04

(Tuis.) #1

’n Losstaande bad neffens die
dubbelstort se glas vorm die hart
van dié koel kontemporêre ruimte.
Die wit bad is ’n moderne weer-
gawe van die immergewilde
pootjiesbad – en al het dit nie
pote nie sit hy beslis sy beste
voetjie voor!


Dié badkamer lyk ná jare nog
vars – ’n bewys dat wit afwerkings
saam met aardse teksture (soos die
glyvaste keramiekteëls en hout-
sytafels) ’n tydlose kombinasie is.
Verhitte handdoekrelings en
aparte stortkoppe voltooi die
prentjie. Pure bederf! >>

2 Kontemporêr dog klassiek


Die afwerking
Bad en swart wasbak
Lavo Bathroom Concepts

Die muur tussen die badkamer
en aangrensende slaapkamer is
uitgebreek om ’n oopplanruimte
te skep.
Free download pdf