Tuis. 04

(Tuis.) #1

3 Vir die kleinspan!


Sam en Bennie Pretorius het dié prettige badkamer met ’n vintage-kinkel in hul Paarlse
plaashuis ontwerp vir hul drie kinders Benitha (15) Jenniffer (11) en Benjamin (8).
Die ou gietysterbad – met sy ereplek onder die skuifraamvenster met ’n uitsig oor die
tuin – was reeds geverf toe hulle by die huis intrek; hulle het so baie daarvan gehou
dat hulle dit net so gehou het. Die inskripsie lees “bain” die Franse woord vir bad.
Kleurryke fotorame ’n leer as handdoekreling en oorgroot horlosie gee die vertrek
speelse styl. >>


Dis in die detail
Sam het die badmat self
gemaak van ou houtplanke.
“Daar is gereeld modderige
klere en vuil voete hier; ’n
gewone badmat sou nooit
die pyp gerook het nie” sê
sy en lag.

Die afwerking
Mure geverf met Dulux Chalky Downs 3
Vinielvloer in Sapwood Decoria
The Flooring Company

Stilering

Marian van Wyk
Free download pdf