Tuis. 04

(Tuis.) #1

54 tuis April 2017


# 4 Marokkaanse fokuspunt
Dié swart gietysterbad staan dramaties uit voor ’n
betowerende fokusmuur van teëls in die Marokkaanse styl;
metroteëls en ’n kwartsvloer rond die ruimte volmaak af. Die
huiseienaars Marianna en Jarome Furman van Kaapstad
het die 25 jaar oue pootjiesbad gebruik om ’n toevlugsoord in
hul Victoriaanse kothuis in die stad te skep. Die buitekant van
die bad is bedek met ’n roeswerende verf met swart
Hammerite-verf bo-oor en vorm ’n aantreklike kontras teen
die fokusmuur daaragter.

Die afwerking
Marokkaanse teëls
Moroccan Warehouse
Vloer Quartz Carpet
Stoeltjie Loft Living


Foto

Greg Cox/bureaux.co.za
Free download pdf