Tuis. 04

(Tuis.) #1
Op die boonste verdieping van 36 m^2 het
Mandy en Trevor droëmure uitgebreek
om ’n ruim hoofslaapkamer met ’n
oopplanbadkamer te skep. Hier is die
oorspronklike Oregondennehoutvloere ook
afgeskuur en verseël.
Reghoekige kussing van Weylandts; mat en
houtskool deken van MRP Home; turkoois
sak van Arabesque

Voor


Blink plan
Rakke van die eetkamertafel se
ou Oregon-blad (dit het nou
’n marmerblad) is in die
nisse weerskante van die
vensters ingebou.


Reg vir aksie
Die energieke Mandy het op 1 November
die dag waarop hulle oordrag geneem het
begin opknap en die hele projek binne vyf
weke voltooi. Die voormalige sitkamer is nou
die kombuis en die kombuis het die
eetkamer geword. Die ou badkamers is
opgeknap en droëmure is verwyder om ’n
hoofslaapkamer met ’n oopplan-en suite op
die boonste verdieping in te rig. Al die
bedrading en loodgietwerk is oorgedoen
droëmure is vervang met baksteenmure en
vog is verwyder.
Nou is daar ’n logiese vloei van die
voordeur af; die kombuis lei na die
eetkamer en die sitkamer wat op die
binnehof oopmaak. Die argitek Tony Kiley
het die Sayers met die opknap bygestaan.
“Op die ou end was die grootste uitdaging
om boumateriaal in so ’n smal ruimte rond
te dra; die meeste vertrekke is net 25 meter
breed. Ek is versot op die eindresultaat” sê
Mandy. “Die binnekant is lig ruim en
kontemporêr en die ligging – naby die see
en koffiekroeë – is perfek.” >>

April 2017 tuis 67

Free download pdf