Tuis. 04

(Tuis.) #1

72 tuis April 2017


Gebruik die
waterpomptang
om die pypdele
vas te draai.

DeurDeon de Goede •Foto’sFrancois Oberholster • Stilering Shelly Bergh

pakplek


Dié slim pyprak is perfek vir die slaapkamer badkamer


studeerkamer speelkamer...


Wat jy nodig het


1 Maak die linkersy van jou pyprak deur ses
300 mm-pype te verbind met T-stukke;
skroef ’n flens aan die onderpunt om die
voetstuk te vorm. Skroef nou ’n 1 000 mm-
pyp dwars in die eerste T-stuk van onder af.
Maak die onderste deel van die regtersy
deur ’n 300 mm-pyp met ’n T-stuk aan
laasgenoemde 1 000 mm-dwarspyp vas te
sit; sit ’n flens onderaan.

INKOPIELYS


  • 80-grint-skuurpapier

  • een vel 18 mm-laaghout gesaag in:
    drie 650 x 400 mm-rakke
    twee 960 x 400 mm-rakke

  • een pakkie 8 mm x 16 mm-
    spaanderbordskroewe

  • nege 10 mm x 50 mm-spoorskroewe

  • nege 12 mm-nylon-muurproppe

  • vyftien 32 mm- gegalvaniseerde saaltjies

  • die volgende 25 mm- gegalvaniseerde
    besproeiingspype (gebruik standaardlengtes
    waarvan die punte reeds ’n draad het):
    vyftien 300 mm-lengtes
    een 900 mm-lengte
    twee 1 000 mm-lengtes
    drie 600 mm-lengtes
    een 450 mm-lengte
    een 150 mm-lengte
    nege flense
    sewe elmboë
    sewe T-stukke
    een sok


GEREEDSKAP


  • koordlose boor

  • potlood

  • hamerboor en 12 mm-boorpunt

  • waterpomptang

  • soksleutel en 17 mm-sok


PROJEKGIDS
Harde werk4/10
Vaardigheidsvlak3/10
Tyd nodig ± 1–2 uur
Maak dit vir net oor R2 000
(pype en toebehore R1 560 hout
en -skroewe R400 saaltjies R40
spoorskroewe en proppe R25)

Deon de Goede


Pype + planke =


So maak jy...


1a b


cd


Besproeiingspype se T-stuk
punte het reeds ’n draad.

Flens
Free download pdf