Tuis. 04

(Tuis.) #1

raad


Watter kleur?
Alet Laubscher van Windhoek skryf
Ek gebruik graag Annie Sloan-verf vir
projekte in my huis. Maar nou wil ek ’n
hele aksentmuur verf en soek ek ’n meer
bekostigbare produk. Watter kleur van
ander verskaffers is die naaste aan Annie
Sloan se French Linen en Paris Grey?
Die kleur van droë verf teen jou muur kan
baie verskil van dit wat jy in ’n tydskrif
gesien het. Boonop sal die lig in jou vertrek
ook ’n rol speel. Om die regte kleur te kies
verf blokke op verskillende plekke in jou
huis verkieslik op ’n wit oppervlak. Kyk hoe
die kleur op verskillende tye van die dag lyk
sodat jy ’n goeie idee van die algehele effek
kan kry voor jy met die projek voortgaan.
Ons het drie kenners gevra om die kleure
naaste aan jou voorkeure uit hul onderskeie
reekse voor te stel. Dis wat hulle sê:

Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

Soek jy die regte kleur vir ’n aksentmuur? Oorweeg jy om


jou afgevlakte vloer te verf of wil jy die oorspronklike glans


van antieke teëls herstel? Vra net – ons kry die antwoorde.


Byron Minnie
van Plascon:
Paris Grey


  • Spanish Delta
    French Linen

  • Pale Yarrow


Daniel Fonnie
van Duram:
French Linen


  • Grey White Cove
    Paris Grey

  • Splinter of Silver


Nonkululeko
Mcunu van Dulux:
Paris Grey


  • Dusted Moss 2
    French Linen

  • Bleached Lichen 1


French Linen

Paris Grey

Saamgestel deur Kim Arendse

Vra die kenners


Stuur jou vrae na [email protected].
Free download pdf