Tuis. 04

(Tuis.) #1

As jy soos ’n swaeltjie agter die somer aan vlieg moet jou tuin op sy
mooiste wees wanneer jy daar is! Só voel die eienaars van dié tuin –
’n Nederlandse egpaar wat elke lente hier in die suidelike halfrond
die koue Europa kom verruil vir die son.
“Ons het ons harte op Suid-Afrika en sy inwoners verloor ná vele
reise hierheen” vertel hulle. “Ons hou baie van die inheemse
plantegroei en veral fynbos. Omdat die land ’n tekort aan water het
wou ons soveel moontlik inheemse en waterwys plante in die tuin hê.
Ons gunstelinge is wit en blou agapante proteas in al hul kleure en
vorms en die smalblaarspeldekussing (Leucospermum linearex
cordifolium) wat in die voortuin blom. En as die plante boonop voëls
en skoenlappers lok des te beter.”
Omdat hulle nie heeljaar in Suid-Afrika woon nie help Wouter
Kruidenier van De Kruidenier Eksklusiewe Tuine wat die tuin ontwerp
het met die instandhouding.
Toe die werk begin het was die erf rondom die huis basies ’n
bouperseel met bourommel wat agtergebly het en klipharde klei-
grond – maar met ’n pragtige uitsig.
Wouter en sy span moes einde 2011 van nuuts af begin tuinmaak.
Die grondvoorbereiding was die grootste werk: Eers het hulle die
kleigrond uit die beddings gehaal en enorme vragte komposryke
bogrond kruiwa vir kruiwa ingery om die beddings mee op te vul.
Eers vroeg in 2012 kon hulle begin plant. >>


Blousyselbos
(Plumbago
auriculata)


Engelvlerkies
(Oenothera
lindheimeri)

’n Sierpatat (Ipomoea batatas ‘Sweet Caroline Black’)
agapante vlooikruid (Erigeron karvinskianus) ’n
pers tuinverbena en die grys sipreskruid (Santolina
chamaecyparissus) vorm saam ’n mooi bedding.

Free download pdf