Tuis. 04

(Tuis.) #1

92 tuisApril 2017


lesertuin


Plantkeuse
Soos die kliënt versoek het het Wouter hoofsaaklik inheemse en
waterwys plante gebruik. Hy en sy span het hul voorkeure in ag
geneem en die natuurlike plantegroei so goed moontlik
gekomplementeer met sy plantkeuse. Ericas Leucadendrons
Proteas slangbos (Stoebe plumosa) koringblomme (Scabiosa
africana) bergbietou (Dimorphotheca jucunda sin. Osteospermum
juncundum) en syselbos (Plumbago auriculata) groei op die rand
van die erf. En ’n bergstroom wat deur die erf vloei dra by tot die
natuurlike gevoel van die tuin. ’n Mens kan tot in die huis hoor hoe
die water deur die tuin kabbel.
Wouter het wel geharde uitheemse plante soos engelvlerkies
vlooikruid (Erigeron karvinskianus) tuinheliotrope en die reuse-
papierblom (Limonium perezii ) met die inheemse plante
gekombineer. Dit is almal blomplante waarvan hulle baie hou en
wat goed werk saam met die inheemse plante aangesien hul
groeiwyses waterbehoeftes en gevoel baie ooreenstem.
Die plantkeuse is grootliks gedoen met blomtyd in gedagte.
“Aangesien die eienaars meestal in die somer hier tuisgaan blom
die meeste plante in die lente en somer. Plante soos syselbos
agapante bougainvillea tuinheliotrope engelvlerkies koring-
blomme perswildeknoffel (Tulbaghia violacea) en salies is dan
op hul mooiste.”
Daar is ook winterblommende plante soos die aasbossie
(Coleonema album)Leucadendron kraanvoëlblom en die
reusepapierblom wat kleur gee in die koue maande – maar hulle is
nie net vir dié doel geplant nie. Wouter gebruik die aasbossie
eintlik as ’n struktuurplant. Dit word in ronde balvorms geknip wat
heeljaar mooi vertoon. In dié geval is die blomme net ’n bonus. En
die kraanvoëlblom (Strelitzia reginae) en reusepapierblom blom tot
in die somer. Die kraanvoëlblom se blaarvorms en uitgeblomde
blomstele gee steeds trefkrag in die laatsomermaande.
Hoewel Wouter en sy span die grootste deel van die jaar vir die
onderhoud van die tuin verantwoordelik is sit die eienaars hand by
wanneer hulle hier is. “In Nederland het ons geen tuin nie daarom
geniet ons dié tuin soveel meer” verduidelik hulle. “Die mooi weer
aangename mense en pragtige omgewing dra alles daartoe by dat
dit vir ons heerlik is hier! Ons sit byna daagliks in die tuin of op ons
stoep en lees en verkyk ons aan die mooi uitsig – iets waarvoor ons
nooit moeg raak nie. Vriende en familie wat uit Nederland kom
kuier kan nie begryp waarom ons nog elke jaar vir ’n tyd lank wil
teruggaan soontoe nie. Maar dit bly ons geboorteland en die
meeste van ons vriende is tog daar.”

’n Paadjie van plaveiblokke loop al langs die huis af na
die swembad met sy asemrowende uitsig op die berge en
veld. Wildejasmyn (Jasminum angulare) bied privaatheid
van die bure en dra in die somer geurige wit blomme.

Van links: Agapanthus ‘Purple Delight’; somersneeu (Cerastium
tomentosum); die inheemse bostolbos (Diospyros whyteana)
wat rond gesnoei is.
Free download pdf