Tuis. 04

(Tuis.) #1

98 tuis April 2017


’n Boomdahlia gee hoogte


in jou tuin en blom in die


laatsomer en herfs.


besem!


Marié Esterhuyse


Met ’n boomdahlia in jou tuin het jy beslis nie


’n tekort aan hoogte in die herfs nie!


Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholster

Die boomdahlia is ’n wonderlike plant wat
vir pragtige blomme in die herfs sorg. Dit
hou van komposryke grond en baie son
maar moet beskerm word teen wind; stut
maar die stam. Dit dra sy blomme op die
punte van sytakke en in die middel van die
somer kan jy dit met ’n derde tot die helfte
korter sny om dit aan te moedig om meer
sytakke te maak. Sny ná blomtyd heeltemal
af; dit loop weer volgende lente uit.
Om te vermeerder sny die afgesnyde
stam in stukke van ongeveer 10 cm lank.
Gebruik die ouer houtagtiger dele hiervoor
(nie die groen jonger dele nie) en sorg dat
elke stuk minstens een lit het. Die lit is
duidelik sigbaar en dit is waar die stam
weer sal wortels maak wanneer jy dit plant.
Sit die stukke horisontaal sowat 1 m uit
mekaar op goed voorbereide komposryke
grond neer en druk dit effens in die grond
in. Hou dit klam – dit moet nooit uitdroog
nie. Die stamme sal met verloop van tyd
uitloop en nuwe plante vorm.
Free download pdf