Tuis. 09

(Tuis.) #1

September 2017 tuis 107


Rabarber


Dié plant word as groente gekweek
maar danksy sy vele medisinale
eienskappe en hoë voedingswaarde
kan dit ook as ’n krui beskou word.


Kweek dit so Koop gevestigde plante by ’n
kwekery en plant dit in die lente of herfs in
vrugbare komposryke grond wat goed
dreineer. Spasieer plante 12 m uit mekaar
in ’n sonkol. Maak gereeld nat en hou die
grond klam met deklae; die plant het baie
water nodig vir sappige stele. Verwyder
blom- of saadstele sodra hulle verskyn.
Kruiewenk As jy stadig vrystellende
organiese bemesting toedien net nadat jy
jou rabarber geplant het (en in die eerste
jaar daarna) sal dit keer dat aanraking met
nitraat die plant beskadig (dit kan dodelik
wees vir die plant).
Het jy geweet? Eet net die stele. Die blare
bevat hoë vlakke van oksaalsuur wat giftig
in hoë dosisse kan wees.
Oes dit so Wag tot die plante twee tot drie
jaar oud is voor jy die stele oes. Kies net
die sterk sappige stele; dié wat te dun is
is nog nie ryp genoeg nie. Knyp die steel
aan die onderkant af sny die blare af en
gooi weg. Los minstens twee stele aan die
plant sodat dit aanhou groei. Verdeel die
wortels elke drie tot vier jaar wanneer die
plant dormant is.
Gebruike Dit help met gewigsverlies (min
kalorieë) en spysvertering (baie vesel) kan
Alzheimersiekte vertraag (hoë konsentrasie
vitamien K voorkom die oksidasie van
breinselle en verhoog kognitiewe aktiwiteit)
stimuleer beengroei (vitamien K) verbeter
velgesondheid kan glo help om kanker te
voorkom (dit bevat betakarotien en ander
anti-oksidante) en verbeter bloedsomloop
(die koper en yster stimuleer die vervaar-
diging van rooibloedselle). Gebruik dit in
gebak (koeke en poedings) en konfyt of
kook dit vir koue sop (voeg ’n versoeter by).
KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Krui van die maand


Plant ’n boom
Die eerste week van September
is Nasionale Boomplantweek – plant
gerus een van die Bome van die Jaar:


  • Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus
    mucronata) is ’n middelslagboom (tot
    10 m) met blink loof en dorings – dit
    maak ’n goeie veiligheidsheining. Sy
    groen-geel blommetjies lok bye en
    skoenlappers en voëls smul graag
    aan die harde blink vrugte.

  • Ebbehout (Euclea pseudebenus)
    is ’n grasieuse boom met dun
    hangende takke en klein klokvormige
    room of geel-groen blomme. Danksy
    ’n diep penwortelstelsel is die boom
    veral geskik vir warm droë toestande.


ƔGoggas is nou op en wakker. Hou ’n oog
oop vir lelieboorders plantluise slakke en
naakslakke.
ƔMoedig nuwe groei in grasperke aan deur
dooie materiaal met ’n hark of harde besem
te verwyder sodat lug water en bemesting
die wortels kan bereik.
ƔHou irisse kannas en daglelies netjies
deur dooie blare te verwyder.
ƔMaak meerjariges nat en werk ’n
algemene bemesting en kompos liggies by
die grond in; maak dan weer nat.

ƔOnkruid ding met tuinplante mee om
voedingstowwe en water. Verwyder onkruid
terwyl dit nog klein is en voor dit blom en
saad versprei.
ƔVerwyder dooie varingblare en plant
potvaste varings oor in vars kommersiële
potgrond.
ƔVerdeel oorgroeide waterlelies en verplant
hulle in ryk grond. Strooi ’n laag klippies
oor die oppervlak van die pot om te keer
dat die grond wegspoel en laat sak dit dan
versigtig in die water. >>

Doendinge dié maand ...


Pelargonium grandiflorum ‘Fabiola’

Erfenismaand
Dis belangrik dat ons ons tuin- en
plant-erfenis bewaar veral plante
soos die pelargonium. Baie mense verwar
pelargoniums met malvas die helderkleurige
blomme wat ons dikwels in vensterbakke
en hangmandjies sien en wat spatsels kleur
verskaf in openbare en huistuine.
Moderne kultivars bied opwindende
helder kleurkombinasies en uiteenlopende
blaarkleure en -vorms. Party word gekweek
vir hul welriekende loof met die geur
van appel sitrus peperment sjokolade
neutmuskaat roos of balsem.
Gebruik pelargoniums in potte om ’n trap
af te rond of leë kolle in ’n beddingrand te
vul; jy kan dit ook in ’n hoogstamplant vorm
deur ’n hoofsteel te laat groei voordat jy van
die ander stele afknyp; versier ’n paadjie met
geurige pelargoniums langsaan.
Free download pdf