Tuis. 09

(Tuis.) #1
Wenk Verwyder van die
mosselskulpe voor jy dit by
die res van die sop meng
dan eet dit makliker.

Baksakhoender met blatjang
Onder R115 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute • Oondtemperatuur: 180 °C


  • 8 hoenderstukke
    (boudjies en dytjies)

  • 125 ml mayonnaise

  • 125 ml blatjang

  • 500 g baba-aartappeltjies
    gekook vir 10 minute

    • 8 klein worteltjies
      geskil en gehalveer

    • 3 stingels seldery gekap

    • 15 ml meel

    • sowat 80 ml witwyn
      of water




Voorverhit die oond. Meng die hoenderstukke met die
mayonnaise en blatjang en sit dit saam met die warm
aartappeltjies wortel en seldery in ’n groot baksak in ’n
oondbak. Sprinkel die meel oor sowel as die witwyn. Prik
die sak ’n paar keer met ’n vurk en verseël. Bak vir sowat
45 minute knip die sakkie oop en verbruin die gereg onder
die roosterelement.

•15ml olyfolie



  • 200 g spekblokkies

  • 2 salotte fyngekap
    (of 1 klein ui)

  • 1 klein wortel
    geskil en fyngekap

  • 3 selderyvingers fyngekap

  • 1 knoffelhuisie fyngekap

  • 2 pikantrissies
    (of 1 brandrissie) fyngekap

    • 2 groot aartappels
      in 1 cm-blokkies gesny

    • 250 ml melk

    • 250 ml room

    • 250 ml witwyn

    • 250 ml water

    • 500 g halfskulpmossels

    • knippie gemengde kruie

    • 2 mielies gerooster

    • grasuie vir afronding




Romerige knoffelmosselsop


Onder R125 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute


1 Verhit die olie in ’n pot en braai die spek tot bros. Roer die
salotte wortel seldery en knoffel by en braai tot geurig. Voeg die
pikantrissies en aartappels melk en room by en bring tot
kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 20 minute tot
die aartappels sag is.
2 Bring die witwyn en water tot kookpunt voeg die mossels by
en laat stoom vir 3–4 minute. Roer die mossels en vloeistof by
die sop. Sny die mieliepitte van die stronke af en roer dit saam
met die grasuie by die sop. Geur met sout en peper en sit voor
met vars brood.


September 2017 tuis 119


kortpadkos

Free download pdf