Marinda Turvey van
Modimolle wou nog altyd ân
huis bou wat âandersâ is. Toe
maak sy so â met vier ou
skeepsvraghouers!
âToe my dogter Semona in 2014 haar gemeenskapsjaar as
arbeidsterapeut by die hospitaal in Modimolle moes doen het
ons die âBlikhuisâ hier op ons plaas gebou as blyplek vir haar
en haar gesinâ verduidelik Marinda. Hoewel die bouwerk nie
sonder uitdagings was nie is daar een ding waarvoor sy baie
dankbaar is: Geen munisipale goedkeuring was nodig vir hul
projek nie want dis op ân plaas!
âEk bedryf ân trou-venue Tsekama reg oorkant die pad van
die âBlikhuisâ en sedert Semona haar hospitaaljaar voltooi het
verhuur ons die huis aan gaste.â
Dit was ân gedugte span wat aan die vraghouerhuis gewerk
het. âEk en Semona het albei grade in die
kunsteâ vertel Marinda. âNadat my seun
Unetsie die basiese planne geteken het sodat
ons min of meer kon sien hoe dit gaan lyk het
ons die projek aangepak saam met my
skoonseun Charl wat in die bemarkingsbedryf
werk en sy pa Eugene Diener â self ân kunstige
man.â ân Vriend Willie Laing het die sweiswerk
gedoen. En manlief Willie? âHy moes al die
praktiese en logistieke reëlings behartig!â >>
Die sit-en-eetkamer is
tussen twee van die
vraghouers ingerig â die
kombuis is in die een links
en regs is ân slaapkamer.
Die kroegtoonbank
(regs) was lank
gelede ân lorrie se
enjinkap; nadat
Charl dit op ân
ashoop gevind en
nuwe lewe gegee
het is dit nou ân
hoë-oktaan-kuierkol.