Tuis. 09

(Tuis.) #1
Stuur jou vrae na [email protected].

Pragtige tegniek


Annette Nel van Benoni skryf Daar is die pragtigste kas op bladsy 55 van jul Maart
2017-uitgawe. Het die huiseienaars dit so geverf en indien wel watter tegniek het
hulle gebruik?


Die huiseienaar Jako Lee sê hy het die kas net so by Asmat Trading
n Durbanville Kaapstad gekoop. Maar dis moontlik om dieselfde effek met
eubelverf te kry. Annie Sloan stel voor jy verf jou kas met ’n basislaag
Annie Sloan-verf in die kleur Original en wag sowat 20 minute sodat dit kan
roog word. Wend dan ’n laag Annie Sloan Clear Soft Wax aan. Volg dit op
et ’n dik laag Annie Sloan Dark Soft Wax. Gebruik dan weer die Clear Soft
Wax om enige oortollige Dark Wax te verwyder tot jy tevrede is met die
esultaat.
niesloansa.co.za

Kies tolkrag
Carmen Langeveldt van Pretoria
skryf Ons huishouding raak al
hoe meer omgewingsbewus.
Omdat ons ’n groot gesin is sal
ek moeilik sonder ’n tuimeldroër
oor die weg kom maar ek sou iets
ekovriendelikers verkies – wat is
my opsies?
Paul Dimaio
eienaar-stigter van
Spindel antwoord
Die mees energie-
doeltreffende
tuimeldroër is dié
soort wat met ’n
hittepomp werk.
Hulle hersirkuleer die hitte wat
gedurende die droogproses
opgewek word en verminder
sodoende die energieverbruik met
tot 50%! Die meeste handelsmerke
dui die energieverbruik van hul
masjiene op die verpakking aan
wat dit makliker maak om hulle
te vergelyk. Onthou net dat die
energiedoeltreffender droërs jou
’n aardige bedraggie uit die sak
kan jaag!
As alternatief kan jy ’n toldroër
soos die Spindel-wasgoeddroër
oorweeg – dit werk met tolkrag
pleks van hitte en gebruik daarom
minder as 1% soveel energie as ’n
tuimeldroër. En dis veilig selfs vir
die fynste materiale soos winter-
wolgoedjies en onderklere.
Die masjien verwyder sowat
80% van die vogtigheid wat ná ’n
masjienwas in die materiaal agterbly
binne minute wat beteken jou
wasgoed sal in ’n kits winddroog
word. En as jy nie ophangplek het
nie kan die Spindel jou tuimeldroër
se werktyd met tot 70% inkort – so
kan jy jou tuimdroër hou en steeds
energiedoeltreffender werk. Nog ’n
voordeel van toldroërs is dat hulle
kompak en draagbaar is en maklik
in ’n kas pas. ’n Spindel-toldroër
vir ’n 45kg-lading (546 cm hoog x
362 cm breed) kos sowat R2 000.
KONTAK 0860 555 135
spindel.co.za >>
Free download pdf