Tuis. 10

(Tuis.) #1
Deur die
blare
Die Persiese katjie
Saartjie skrik wakker ná
haar slapie. –Nerie van
Rhyn Rustenburg

Stuur jou vrae na [email protected]

Tuisgebakte happies
Letitia Mason van Johannesburg skryf
Ek bederf my honde graag met koekies en
verkies tuisgemaaktes bo dié in die winkel.
Is daar ’n eenvoudige resep wat nie
preserveermiddelsbevat nie?
Ilze Fourie van
Rogue’s Pawsome Bakery
antwoord Ek bederf
graag my Staffordshire-
bulterriërs Rogue en
Drago met koekies en
ander happies. Maar Drago
het onlangs ’n allergiese
reaksie op sekere kosse ontwikkel – hy het
begin jeuk en was nie ’n gelukkige brak nie.
Tydens opleiding word Drago beloon met
kouhappies as deel van die proses van
positiewe versterking en nadat sy allergieë sy
opleiding begin beïnvloed het het ek ander
resepte begin beproef.
Dit was ’n uitdaging om ’n kombinasie te
kry wat smaaklik en veilig is om te eet. Ná ’n
paar probeerslae het ek besluit op ’n
kombinasie van klapperolie en grondboontjie-
botter. Klapperolie is goed vir jou troeteldiere
se vel en pels en die bietjie wat ek byvoeg
bring verligting vir Drago se gejeuk.
Die resep hieronder is Drago en Rogue se
gunsteling-kombinasie – jy
kan dit in die yskas of
vrieskas bêre.

Bestanddele


  • 500 g volkoringmeel

  • 100 g hawermout

  • 2 eiers

  • ½ koppie growwe
    grondboontjiebotter
    (maak seker dit bevat
    nie xilitol nie – dis giftig
    vir diere)

  • 2 eetlepels klapperolie (ongegeur)


Metode
1 Meng die meel hawermout eiers en
grondboontjiebotter.
2 Los die klapperolie in warm water op.
3 Roer dit by die meelmengsel in.
4 Roer koue water by tot dit ’n stywe
deeg vorm.
5 Rol die deeg uit en sny vorms van jou
keuse uit.
6 Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir
sowat 25 minute of tot bros.

KONTAK roguespawsomebakery.co.za

V&A

WEN!


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n Interior Futon vir
honde of ’n Kitty Castle vir katte van Wagworld (wagworld.co.za). Albei
produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels te kry. Die Interior Futon se stylvolle
ontwerp sal jou huis se dekor perfek komplementeer én ’n salige nagrus vir jou honde-
kind bied. Die Kitty Castle is ’n goeie plek vir Kiets om haar koninkryk te bespied of ’n
heerlike middagslapie te geniet. Stuur jou foto’s (minstens 2MB elk) en volledige
kontak besonderhede na [email protected]– dalk is jou dieremaat ook ’n wenner!
Sien ons kompetisiereëls op bladsy 127.


R a g b D a h

Kul jou
hier ...
’n Mens kan Tessa
amper miskyk waar sy
op die Nguni-vel lê.


  • Monica Dawson
    Port Elizabeth


Trots Suid-Afrikaans!

Rhyn Rustenburg

Oktober 2017 tuis 79

Free download pdf