Tuis. 11

(Tuis.) #1

Ken jou


Ken jou


indringers


waterwys plante


Phlebodium
Die Phlebodium ’n lugplant met lang gelobde varingblare in ’n
ongewone blougroen kleur is maklik om te kweek. Omdat dit
van nature groei in die blare wat in die mik van woudbome
ophoop kan dié varing met min sonlig klaarkom. Dit hou van
baie vog en redelik hoë humiditeit wat dit gepas maak vir
hangmandjies veral in badkamers slaapkamers en selfs
kombuise. As jy nog nooit ’n varing gekweek het nie is dit ’n
goeie een om mee te begin.
Sorgwenk Maak die plant een keer per week nat (minder in die
winter) en spuit gereeld nat met ’n newelspuit. Maak seker dit
dreineer goed anders sal dit vrot; die water moet ook nie in die
middel van die risoom gegiet word nie maar liewer rondom die
plant. Net soos die Phalaenopsis-orgidee kan Phlebodiums lank
in ’n pot bly maar as jy besluit om dit oor te plant doen dit in
die lente.
KONTAK plantimex.co.za

Stuur tuininligting na [email protected].

Huisplant van die maand


Pers-echium (Echium
plantagineum) is ’n tweejarige
plant met ’n diep wortelstelsel.
Dit groei tot 1 m hoog en dra van
Oktober tot April die mooiste
blou of pers blomme – dis
hoekom baie tuiniers dit in hul
tuin wil hê! Dié plant is egter
giftig en neem stukke oop veld
langs paaie bewerkte grond en
weidings oor; dit versprei maklik
deur saad. Die plant staan ook
bekend as bloudisseldoring of
natterkop en sy blare en stele is
bedek met growwe wit hare. Dis

’n groot probleem in die Wes-
Kaap Oos-Kaap en KwaZulu-
Natal asook dele van die
Vrystaat en Mpumalanga.
Indringerstatus
Dis ’n Kategorie 1b-indringer wat
beteken jy moet dit van jou
eiendom verwyder om vervolging
vry te spring.
Hoekom is dit problematies?
Dit ding mee met gewasse
weidings en inheemse spesies
wat grond laat herstel. Die plant
is ook giftig en ’n irritant.
KONTAK invasives.org.za

Phlebodium

Pers-echium
Foto

Getty Images

Foto


Getty Images


Balsemkopiva
of geelkatstert

Bulbine frutescens ook bekend as balsemkopiva of geelkatstert is ’n inheemse
vetplant wat regdeur die somer herhaaldelik blom. Die plant is hitte- en droogte-
bestand en gee nie om vir arm grond nie solank dit goed dreineer. Dit vaar die
beste op ’n sonnige plek. Die immergroen grasagtige loof groei in polle sowat
30 cm hoog met oranje of geel blomare en gekrulde geel meeldrade. Kweek dit as
grondbedekker of in potte naby die swembad sodat die jellieagtige sap in die blare
sommer byderhand is om insekbyte en sonbrand te behandel.
Free download pdf