Tuis. 11

(Tuis.) #1

kortpadkos


Om te verseker dat varkswoerd lekker bros braai en nie taai word nie


moet dit nooit met vloeistof in aanraking kom nie.



  • 4 groot varktjops met
    swoerd aan

  • olie vir aansmeer

  • soutvlokkies vir invryf
    SALSA

  • 1 rooi ui fyngekap

    • 1 pynappel geskil en in
      blokkies gesny

    • 2 knoffelhuisies gekap

    • 1 brandrissie fyngekap

    • sap en skil van een
      suurlemoen




Geroosterde varktjops
met pynappelsalsa
Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute • Oondtemperatuur: 220 °C

1 Maak die salsa Gooi al die bestanddele in ’n flessie sit die
deksel op en skud. Geur met ’n bietjie sout en hou eenkant.
2 Voorverhit die oond. Sny met ’n skerp messie diep kepe in
die varktjops se swoerd verf dit met olie en vryf in met die
soutvlokkies. Verf die res van die tjops ook met olie en sit dit
op ’n draadrak in ’n oondpan. Bak vir 20 minute of tot die
tjops gaar en die swoerd bros is. Sit voor met die salsa.


  • 8 groot hoendervlerkies

  • 45 ml braaispeserye

  • 4 klein oranje patats geskrop

  • 1 blik (410 g) gemengde
    boontjies

    • 30 ml olyfolie

    • 5 takkies tiemie

    • 1 suurlemoen in
      skyfies gesny

    • kruieslaai vir voorsit




Hoendervlerkies


met patat en boontjies


Onder R85 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute • Oondtemperatuur: 200 °C


1 Voorverhit die oond. Knip die punte van die vlerkies af en spalk
elkeen op ’n sosatiestokkie; rol dit dan in die braaispeserye. Sny
die patat in 1 cm-skywe – dis belangrik om dit dun genoeg te sny
dat dit saam met die hoender gaar bak (anders kan jy dit vooraf
effens kook).
2 Meng die patat en die boontjies met die helfte van die olie en
skep dit in ’n oondbak. Sit die hoender bo-op en bedruip met die
res van die olie. Geur met die tiemie sout en peper en druk die
suurlemoen skywe tussenin. Bedek met foelie en bak vir 20 minute.
Verwyder die foelie en bak vir nog 20 minute of tot alles goudbruin
en gaar is. Sit voor met die kruieslaai.

Free download pdf