Tuis. 11

(Tuis.) #1

Andries en Jayne speel met
Ben op die stoep.


Sonder fieterjasies
Die naweek op Knysna het die paartjie veel
meer as net ’n nuwe huis en werk vir
Andries in die sak gebring. Sunshine die
Labrador was deel van die transaksie want
die vorige eienaars kon haar nie met hulle
saamvat nie.
Dit het ook die weg gebaan vir ’n nuwe
loopbaan vir Jayne wat nou saam met haar
goeie vriendin Gina Potgieter die mede-
eienaar is van ’n klereboetiek genaamd
Two on Toast en ’n leefstylwinkel
Madam Botany wat spesialieer in
botaniese kuns geskenke asook tuin- en
ander bykomstighede.
Jayne se pa Roger Naisby is ’n kranige
tuinier wat haar liefde geïnspireer het vir als
wat groen is en groei. “Ongelukkig het ek nie
sy groen vingers geërf nie” lag sy. “Maar ek
deel sy passie vir groenigheid en bring graag
die natuur se mooi by die huis in.
“Die teksture en kleure van Afrika is vir
ons so mooi en speel ’n rol in hoe ons ons
huis inrig. Ons hou van leer en dierevelle mandjies hout en
seil warm natuurlike kleure en patrone hier en daar ...”
Jayne erken dat ’n baba en twee honde – hulle het ook ’n
rifrug Hunter – jou dekorkeuses kan inperk. “Maar ek en
Andries voel albei dat ons ’n huis wil hê waar ons lekker kan
leef pleks van een wat perfek is; ons moes eenvoudig
duursame meubels en lap kies.
“Ons leerbank was ’n briljante keuse wat die honde en Ben
betref. Die plooie en krapmerke gee dit karakter. Om eerlik te
wees ek dink die bank lyk die heel beste wanneer ons rifrug
hom daarop uitstrek.
Die kleurryke kelim
was nog ’n wonderlike
keuse omdat dit nie
elke glipsie of
voetspoor wys nie.
“Ons het so baie
glas-oppervlakke in
ons huis maar ek
weet dit gaan vir die
volgende paar jaar
oortrek wees met taai
vingerafdrukke – en
dis oukei.” >>

Die vorige eienaars het
die garage omskep in ’n
sonnige hoofslaapkamer
met sy eie aantrekkamer
en badkamer en suite. Die
neutrale dekor skep die
rustige atmosfeer waarvoor
die paartjie so lief is.
Bedlamp staanlamp en ronde
mat van Weylandts

VERSKAFFERS
@home 021 938 1911
home.co.za
Block & Chisel
021 712 5193
blockandchisel.co.za
Klooftique 021 424 9458
klooftique.com
Madam Botany
madambotany.co.za
Pierre Cronje 021 761 4534
pierrecronje.co.za
Weylandts 0860 103 400
weylandts.co.za
Woodmillers 044 382 2224
wood-millers.com
Free download pdf