Tuis. 11

(Tuis.) #1

Plaasstoep


#
3
Francois en Emsie Roets van die bekende Groeneweide-
aarbeiplaas buite George kan saans heerlik op hul ruim
stoep ontspan ná ’n dag se harde werk. Die huis word
as’t ware omraam deur drie stoepe: die hoofstoep van
80 m² aan die agterkant (op die foto) wat skakel met
smaller stoepe (10 x 24 m elk) aan weerskante.
“In die somer kuier ons heerlik aan die oostekant en
in die winter is die hoofstoep wat noord front die
lekkerste” verduidelik Francois. “Laatsomer is die
westekant weer ons gunsteling-sitplek. Ons kry nogal
sterk bergwinde en suidoostewind hier op George

daarom is dit belangrik dat jy skuif na waar jy beskut is.”
Hoewel Francois en Emsie die huis so gekoop het
pas die stoep perfek by hul leefstyl: in die somer vir
onthaal en in die winter vir sit en boek lees en gesels.
Maar hier is ook al musiekuitvoerings en troues
gehou. Hoe dan nou anders met so ’n lieflike uitsig op
die Suid-Kaapse berge en wild soos springbokke njalas
en sebras wat vrylik net ’n paar meter daarvandaan wei?
“Laatmiddag wanneer ons die vuur aansteek is dit die
rustigheid van die omgewing wat ons die meeste geniet”
vertel Francois. >>

Grootte: 80 m^2


Front:
noord

[EKSTRA LIG ]
As jy ’n nuwe stoep met ’n
dak daaroor aanbou is dit
noodsaaklik om die
uitwerking wat dit op die
aangrensende binneruimtes
gaan hê in ag te neem. ’n
Soliede afdak kan die huis
donker maak. Daarom is
deursigtige dakplate die
ideale oplossing: Dit
verseker nie net meer lig
buite op die stoep nie maar
ook binne. Op die Roetse se
stoep verskaf ’n enkele
strook deursigtige plate oor
die aardse balke genoeg
natuurlike lig.

Die meubels is gekies sodat dit
die elemente kan weerstaan


  • dis óf sintetiese bamboes
    óf het ’n leerafwerking óf los
    oortreksels wat met Scotchgard
    behandel is.


Met die
olyfkleurige
hortjies
herinner die
stoep jou aan
’n dromerige
kuierplek op
die Franse
platteland.

Die rolblindings is meer esteties as
prakties sê Francois. “Wanneer die
witstinkhoutbome voor die stoep in
die winter hul blare verloor laat hulle
lekker son deur en in die somer gooi
hulle ’n digte skaduwee.” Die mure
en vloer is met Cemcrete afgewerk
en lyk ná 14 jaar in wind en weer
nog pragtig.
Free download pdf