Tuis. 11

(Tuis.) #1
Marié vertel: “Ná my besoek in Mei vanjaar aan die Chelsea-
blomskou in Londen was ek geïnspireer deur BBC Radio 2 se
vyf goedvoel-tuine. Dié tuine was daarop gemik om die sintuie te
prikkel en sodoende besoekers gelukkiger kalmer en meer
positief oor die wêreld te maak.
“Ons het vier van Tuis se gereelde ontwerpers gevra om elk
van dié temas op ’n Suid-Afrikaanse manier te interpreteer.
Hulle het vyf sintuigtuine geteken wat by ons klimaat en
omstandighede pas.”

PRIKKEL JOU


Saamgestel deur Marié Esterhuyse
Sketse Neville Orsmond Jaco Brand Petro Jacobs
en Pietman Diener

sintuie!


Vyf tuine een vir elke sintuig.


Kies watter een (of meer) jy wil maak!


Die bekende Britse tuinontwerper Sarah Raven
het die sigtuin by Chelsea oftewel Kleurvolle
Plukblomtuin ontwerp met plante waarvan jy
gereeld die blomme kan pluk want hulle blom
net weer en weer. Die sigtuin wat Pietman
Diener vir ons ontwerp het (sien tuin #5)
bied dieselfde voordeel.
Free download pdf