Tuis. 11

(Tuis.) #1

98 tuis November 2017


tuine luister proe voel ruik & kyk


Proetuin
Wat is lekkerder as kraakvars organiese
groente? Dié spiraalvormige groentetuin is
perfek vir ’n klein ruimte. Dit kan selfs op ’n
dak of ’n geplaveide deel gemaak word – los
dan net die kamillegrasperk uit sê Jaco.


  • Kies ’n sonnige hoekie wat minstens 6 uur
    son per dag kry. Bou die spiraal met
    skanskorwe (draadmandjies waarin klip
    gepak is) bakstene of klip en vul die spiraal
    met komposryke grond. Moenie die spiraal te
    breed maak nie – jy moet by die groente kan
    uitkom wanneer jy langs die spiraal staan.

  • Plant laer groeiende groente in die
    buitenste sirkel van die spiraal sodat jy by die
    binneste spiraal kan bykom vir pluk. Plant
    roosmaryn heel bo en snoei dit in ’n
    interessante vorm.

  • Installeer drup- of sprinkelbesproeiing wat
    net die spiraaltuin natmaak sodat geen water
    vermors word nie.

  • Maak voorsiening vir ’n dammetjie in die
    ontwerp om lewe na jou spiraaltuin te lok.
    Dit is ook die perfekte plek om bronkors
    te plant.

  • Plant ’n kamillegrasperk reg rondom jou
    spiraaltuin. Terwyl jy jou groente en kruie
    pluk geniet jy sommer die heerlike geur van
    dié grasperk!


Jaco Brand
van Picardi Place

Grootte: 12 m hoog
3 m breed en 5 m lank
Volson

1 Spinasie
2 Sitroentiemie (Thymus
citriodorus)
3 Origanum (Origanum vulgare
‘Aureum’)
4 Pers opaalbasiliekruid (Ocimum
basilicum ‘Purpurascens’)
5 Grasuie (Allium schoenoprasum)
6 Mosterdslaai (Eruca vesicaria)
7 Aarbeie
8 Basiliekruid (Ocimum basilicum)
9 Roosmaryn (Rosmarinus
officinalis)

10 Knoffel
11 Bronkors in die dammetjie
(Nasturtium officinale)
12 Sitroengras (Cymbopogan
citratus)
13 Wortels
14 Beet
15 Preie en uie
16 Blaarslaai in
verskillende kleure
17 Kamillegrasperk
(Anthemis nobilis)

[PL ANTLYS]


Chelsea-proetuin

1

1

1

2

2

2

3

3

3

4

5

8

9

6

(^64)
4
7
7
4
10
11
13
13
12
13
14
17
16
15
15
16
Dammetjie
Skanskorwe
2



KONTAK EN BRONNE
Jaco Brand 082 788 9019 picardiplace.co.za



  • welcometovoluntarysimplicity.wordpress.com

  • mysquarefootgarden.net/creating-an-herb-spiral/

Free download pdf