Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 99


Tekstuurtuin
Deur verskillende teksture te kombineer kan
jy nie anders as om te wil voel en vat nie –
soos in Petro se tekstuurtuin. Selfs die potte
en loopoppervlakke speel ’n rol hier.


  • ’n Skanskorfmuurtjie vorm ’n ruwe rugkant
    vir die waterfokuspunt. As jy van die geluid
    van water hou installeer ’n koper- of staal-
    spuit in die mandjie. Omraam die fokuspunt
    met ’n randteël van jou keuse.

  • ’n Dek van duursame hout wat wind en
    weer kan trotseer word aan weerskante met
    waterpeerbome afgerond om later ’n deurvlegte
    heining te vorm vir privaatheid. Pak groot klippe
    onder die bome met spasies tussenin waarin
    grondbedekkers geplant kan word. Dit skep ’n
    dramatiese tekstuurkontras met die klip (maak
    net seker die grondbedekker oorgroei nie die
    klip nie).

  • Kleiner gruisklippies van 13 mm kontrasteer
    met die hout van die dek en die growwer en
    groter klip in die skanskorwe. Gooi dit op
    geotekstiel sodat onkruid nie deur die klippies
    groei nie.

  • Hou die deurloop-bedding minimalisties. Plaas
    hier drie vierkantige potte (ongeveer 60 x 60 x
    70 cm) met ’n gladde tekstuur. Plant aalwyne in
    die potte en rond dit af met gladde wit rivier-
    klippe rondom die stamme. Beplant die bedding
    met ’n massa swenkgras. Deur net twee soorte


plante met verskillende teksture hier te gebruik
skep jy ’n gevoel van ruimte en die sagte
tekstuur van die swenkgras kontrasteer mooi met
die klippies potte en houtdek. Skep gemaklike
loopplek met drie groot houtskoolkleurige
plaveiblokke (100 x 50 cm).


  • Vierkantige houtskoolkleurige plaveiblokke van
    50 x 50 cm tussen gruisklippies vorm die reguit
    paadjie.

  • In die bedding langsaan groei plante los en
    informeel buiten die grootnoem-noem wat ’n
    heining aan die een kant vorm. Gebruik
    woestynrosies langs die rande vir ’n growwe
    tekstuur en om die bedding te definieer.
    Ornamentele grasse speel ’n belangrike rol om
    tekstuurkontras te skep. Die sagtheid van die
    grasse die mooi sade en die beweging daarvan
    in die wind kontrasteer met die ander struike wat
    meer strak is. >>


[PL ANTLYS]


Grootte: 10 x 6 m
Volson

1 Waterpeer (Syzygium
guineense)
2 Grootnoem-noem (Carissa
macrocarpa)
3 Fonteingras (Pennisetum
setaceum ‘Rubrum’)
4 Kooigoed (Helichrysum
petiolare)
5 Besemgras (Aristida
junciformis)
6 Plakkies (Crassula ovata)
7 Kraanvoëlblom (Strelitzia
reginae)
8 Swenkgras (Festuca glauca)
9 Woestynrose (Echeveria
elegans)
10 Tolbos (Leucadendron
salignum)
11 Bitteraalwyn (Aloe ferox) of
enige aalwyn van jou keuse
12 Koreaanse gras (Zoysia
tenuifolia) of kies
dwergmondogras (Ophiopogon
japonicus ‘Kyoto’) of Australiese
viooltjie (Viola hederacea)

Petro Jacobs
van Petro Landscaping

Skanskorfmuurtjie

Waterfokuspunt
Houtdek

Gruisklippies

Deurloop-bedding

Plaveiblokke

Informele
bedding

Chelsea-tekstuurtuin

1

1

3

2

4

5

6

7

9

8

8

10

11

3



12

12

KONTAK
Petro Jacobs petrolandscaping.co.za
Free download pdf