Tuis. 07

(Tuis.) #1

Julie 2017 tuis 77


Ons beantwoord nog vrae op

3 MUURKUNS Bly weg van ’n klomp klein kunswerke en kies
liewer ’n paar groter werke vir diepteen elegansie. Stal dit bo
ooghoogte uit om die illusie van hoogte te skep.
4 VEELDOELIGE ITEMS Gebruik mindermeubels en kies
veeldoelige ontwerpe wat meer as een funksie het. Oorweeg
byvoorbeeld ’n koffietafel met ingeboude bêreplek vir tydskrifte
of ’n ottoman wat ook pakplek het vir strooikussings of dekens.
5 FOKUS! Tekstuurryke plakpapier in ’n soortgelyke kleur as die
muur sal ’n interessante fokuspunt agterdie eetkamertafel skep.


6 KYK OP! Gebruik interessante hoë rakke en lang plante om die
oog na bo te lei en die illusie van hoogte te skep. ’n Lang hanglamp
wat uit die plafon hang is ook ’n goeie idee. Skep dan laag-op-laag-
beligting met staan- en tafellampe waarmee jy ’n sagte romantiese
atmosfeer kan bewerkstellig.
7 VENSTERS Los die vensters onbedek; die ruimte sal dadelik oper
en ruimer voel sonder gordyne. As jy dink die vertrek gaan te warm
raak of te veel son kry oorweeg verdonkerblindings wat jy kan laat
sak soos nodig. >>

Ons is dol
oor die lang
bankies wat onder
die tafel kan
instoot en ruimte
sal bespaar.

7

6

6

5

2

3

1

4
Free download pdf