Tuis. 08

(Tuis.) #1

Water-elemente


Watertuite in fonteine is die ideale geleentheid
om lekker te speel en kreatief te dink. Of dit
nou antieke krane leeukoppe of visse is jy
kan vrye teuels aan jou verbeelding gee. Drie
kraanvoëls van verskillende groottes in
Geraldene se tuin omskep ’n gewone water-
fokuspunt (ontwerp deur Blok Designs) in iets
besonders. “Dié fontein is sigbaar deur ’n
glasvenster sodra jy by die voordeur instap”
sê sy. “Dit is regtig betowerend. Dit skep ’n
gevoel van diepte en trek ’n mens behoorlik
by die ruimte in.”
Sement en staal is ’n pragtige kombinasie
en werk goed saam met water: Die alge wat op
sement groei skep ’n ouwêreldse effek terwyl
staal lieflik verouder in die buitelug.


KONTAK
André Kruger (Garden Bleu)
082 893 5669 gardenbleu.co.za
Jan Blok (Blok Designs)
082 455 4451 janblok.co.za

7

Free download pdf