Tuis. 08

(Tuis.) #1

102 tuis Augustus 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Take vir


Augustus


Dis nog nie te laat om te snoei nie. Augustus is ook
die maand waarin jy jou grasperk kan regruk.

Deur Kay Montgomery

Wenk
van die maand
Snoei ornamentele
grasse terug sodat
sonlig en water
nuwe groei kan
stimuleer.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Tuindagboek


Die tuin ontwaak
Tekens van nuwe groei op struike
en bome is ’n aanduiding dat jou tuin uit
sy winterslaap ontwaak. Maar dis ook
nou dat plae weer lewe kry. Hou ’n oog
oop vir slakke en naakslakke wat knibbel
aan sappige nuwe groei asook goggas
soos plantluise wat knoppe beskadig.
Snoei rose wat nie verlede maand
gesnoei is nie (sien Ludwig se roos-
hoekie). Plante wat lyk of hulle dood is
kan dalk nog lewe. Wag tot die rypgevaar
verby is voor jy verlepte blare van struike
en meerjariges verwyder en dien
kompos of algemene bemesting soos
2:3:2 toe. Maak nat om nuwe groei aan
te moedig.
Verwyder dooie materiaal op
grasperke met ’n hark of harde besem
sodat lug water en bemesting die
wortels kan bereik. Vul enige holtes met
’n gras-bolaag. Maak goed nat nadat
jy bemes het om te keer dat enige
korrels aan die grashalms vassit en die
gras brand.

Beskerm teen wind
In die somerreënstreek is
Augustus sinoniem met sterk wind.
Gaan kwesbare bome en struike na en
verwyder beskadigde takke. Stut nuut
geplante bome en struike want hulle het
nog nie kans gehad het om ’n sterk
wortelstelsel te vestig nie en die nuwe
wortels is kwesbaar vir windskade.
Beheer die gewig van plante wat in
bome oprank om skade aan takke te
vermy. Gaan hout- en staalstrukture en
oorhoofse balke na wat ywerige rankers
soos bougainvillea ondersteun; vervang
waar nodig.

Dis nou die tyd om ’n bietjie aandag aan jou grasperk
te gee sodat dit in die somer op sy beste kan lyk;
maak seker ywerige rankers soos bougainvilleas is
stewig vasgesteek om windskade te voorkom.

Garden World
Free download pdf